Karoo dorpie kry video

So verby Griekwastad hang die voëlneste aan telefoonpale op die grondpad na Niekerkshoop. Karoobome sit op die horison soos daais wat jy in ʼn Pierneef skildery sien. In die verte verklap ‘n eensame windpomp dat daar tog lewe in die verlate vertes is. En sien jy wel iemand langs die pad is daar altyd ‘n vriendelike hand wat oplig en groet met die verbyry. Jy kan sien nie baie mense kom hier padlangs nie…

Na ‘n lang en innemende gegroet vertel Jan Rhaap meer van homself: “Ek leef hier ‘n vol vervulde lewe op ons familieplaas.

“In die oë van my ma het ek my drome sien blink”

Gereeld kom kuier die stof vir ons en die stroompies is meestal droog, julle het seker die droeë sipresse gesien? Hier word mens nie oud nie, jy leef amper vir ewig, vir altyd jonk.” Hy glimlag skalks en lag dan: “Ons strate is eintlik speelplek vir die kinders maar nou en dan laat hulle darem  ‘n trok of ‘n donkiekar deur! Hier gedy mensewaardes en meelewendheid nog. En dis my musiek, dis waar ek dit gaan haal, diep in hierdie grond.”

Marno Koen en Waldo Bield van Coolerbox Brothers (video vervaardigers) verduidelik wat die konsep agter die musiekvideo is. “Daar is sekere ikone in elke mense se lewe, dinge, plekke, gebeurtenisse en mense wat in jou gedagtes vasbrand en altyd in jou emosies rond dwaal. Ek’t eenkeer saam met ‘n oom van Clarens af teruggery Johannesburg toe. Hy vra toe of dit in orde is as hy ‘n effense ompad sou neem, ‘n uur of twee langer. Ons jonges het nie verstaan nie, daars dan ‘n snelweg wat ons kon vat. Toe kom die waardheid uit. Hy wou weer ‘n draai maak in die dorpie waar hy grootgeword het, waar hy 40 jaar laas was. Daar gekom het hom gevra of dinge darem nog dieselfde was, en hy’t gesê nee, maar hy voel weer agt jaar oud. Hierdie Jan Rhaap video se storie loop ook so, die hunkering na vroeër jare se jonkwees in jou grootword omgewing. Jan Rhaap vat daardie emosionele rit so mooi vas in hierdie liedje, ons het dit bloot op film vasgelê. En ja, die mense in die tonele is almal eg, nes die liedjie, nes die dorp self.”.

So amper 8 ure van die Rand af, ietwat suid-oos van Upington, lê Niekerkshoop. Wikipedia beskryf die plek in een sin, en ‘n eiendomsoek gee jou “No properties found”. Wie jy wel hier vind is Jan Rhaap, oftewel, Werner Burger, nog vars op die musiektoneel na sy debuur in 2012. Die eenvoud en eerlikheid van die liedjies op die album Opge-rhaap (wat Ou Plaaspad bevat) word pragtig oorgedra deur sy treffende lirieke en gerieflike saamsing melo.

 

Volg Jan Rhaap


Save

Save

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest