DAWIE DE JAGER – WEIGHTLESS nuwe enkelsnit

Hy het onlangs diep spore getrap in the Voice SA, baie nuwe aanhangers bygekry,die plaaslike sanger en liedjieskrywer is ook baie bekend in Afrikaanse musiekkringe.

Die 33-jarige het sy sangloopbaan begin as ‘n lid van die suksesvolle Afrikaanse band Klopjag en later ook medestigters van die Afrikaanse landstylgroep Die Tuindwergies.

Dawie is ook ‘n ongelooflikke goeie kitaarspeler en en is nou ook betrokke by die rolprentbesigheid, wat musiek vir Suid-Afrikaanse speelfilms soos Roepman, Sy Klink Soos Lente en Verraaiers opstel.

En nou begin Dawie sy solo loopbaan met sy eerste enkelsnit, getiteld “Weightless”, saam met ‘n splinternuwe musiekvideo

Weightless, is ‘n liedjie om oor te begin, oor die loslaat. Dit is so moeilik om die verlede in die verlede te hou, maar jy moet dit doen as jy vorentoe wil beweeg. “Dit is iets waarmee ons almal sukkel, daarom voel ek die liedjie is baie relevant” Dawie de Jager

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest