Chanell van den Bergh is Hier Om te Bly

 

Met drie musiekvideos wat in die volgende drie maande uitkom, wys Chanell van den Bergh  dat sy gaan veg vir haar plekkie in die son. Haar eerste enkelsnit “Ek Sal Daar Wees” is die week vrygestel en daar is gerugte dat ‘n baie spesiale Somer liedjie binne die volgende week ook gaan verskyn. “Ek Sal Daar Wees” is ‘n liefdes liedjie met ‘n vars nuwe klank in Afrikaans.

 

As skrywer het Chanell die lied “Little Monster ” geskryf vir Migon Mossie van Wyk, en as aktrise het sy verskyn in die film “As Jy Sing” asook “Trouvoete”. Chanell van den Bergh is defnitief ‘n kunstenaar om dop te hou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest