Con Grazia – stel nuwe video bekend

Con Grazia

GHOEMA 2017 – WENNER –  BESTE LIGTE KLASSIEKE AFRIKAANSE ALBUM

Anders, dinamies, veelsydig, grasieus en elegant. Dit is die stempel van die trio Con Grazia! Dié -susterstrio – Marchelle, Syntiche en Sharon – se vaardigheid het al op driejarige ouderdom begin toe hulle hul harmonieuse styl begin blink slyp het.

Kosmos CD Ghoema 2017 – Wenner

Die susters se inspirasie en aanmoediging het by hul ma, Priscilla, ‘n musiekonderwyseres, begin en hulle het gereeld as ‘n familie saam met pa en ma in kerke opgetree. Con Grazia is ‘n Italiaanse musiekterm vir “elegant & grasieus” en word uitgespreek: “Con Gratsia”.

 

Hul musikale vaardigheid en vernuf spruit uit hul kwalifikasies: Bmus-grade, musiekteater, spesialislisen-

siate en internasionale opleiding aan onder meer UNISA, die Trinity College of Music en die Royal Schools of Music in Londen. Hulle was onder meer lede van die Pro Musica-orkes, die Johannesburgse Simfonieorkes, die Oos-Randse Jeugkoor, as soliste saam met die Nasionale Simfonie-orkes en die Orchestre Supérieur de Versailles in Frankryk. As wenners van die ATKV se Prelude-musiekkompetisie én die ABSA Nasionale Musiek-kompetisie en internasionale erkenning is Con Grazia die vergestalting van professionele suiwerheid met ‘n passie vir hul nering.

Hul musikale veelsydigheid blink in die genres klassieke, ligte klassieke style, kontemporêre musiek, versnit met Latynse, Afrika-, jazz- en gospelinvloede. Hul musikaliteit en vokale vaardigheid word gekomplementeer deur die viool, elektriese viool, fluit, sopraan– en altsaxofoon.

Hul optredes word gekenmerk aan vertolkingswier. Dié gehalte is al by spoggeleenthede in Suid-Afrika, Dubai, Abu Dhabi, Frankryk, die Seychelle, België, Holland en Engeland ten toon gestel.

Nou kan musiekliefhebbers in hul ontroerende talent deel, danksy VONK-Musiek se uitreiking van die

Kliek vir nuwe video
kom ons dan

prag-album Kosmos. Die album word saam met ‘n prentjiemooi DVD met musiekvideos van die dertien oorspronklike nuutskeppings – uit die pen van Emil Struwig (skrywer van Heinz Winckler se treffer 1001 Soene) en Con Grazia – uitgereik.

 

Dié luisterryke produksie – in samewerking met Bruce Wallace (wat meegewerk het aan oor die 50 goue en platinumplate vir van die land se gewildste kunstenaars) van Beat in Time Studios, verwerkings deur Francois Lessing (medeverwerker van Corlea Botha se lied Swart koffie) en DVD-verfilming deur Dolf Brits Studio – is gestempel met orkestrale grootsheid en ‘n Afrikaanse kontemporêre gevoel. Die skoonheid en opwinding van die liefde word in die snitte Vlerke van liefde, Jy’s die een, Kom ons dans, Vier seisoene, Wees net myne, Die gejaag na wind, Ware liefde, Groter as liefde, Val Die Vie, Kosmos en drie instrumentale werke Song For You (gekomponeer deur Syntiche Claassen en Johan Kelber) en verwerkings van Hungarian Dance en Elvira Madigan verklank – romanties in ‘n geurige ruiker gerangskik.

                 Ervaar stylvolle musikale elegansie en ‘n tikkie briljansie! Dit is wat Con Grazia bied!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest