Cowboys4God – Go Rest High

Cowboys4God is ‘n nuwe supergroep uit Suid-Afrika wat bestaan uit die beste liedjieskrywers en musikante wat SA kan bied. Deur hul talente saam te sit bied hulle ‘n nuwe draai aan hul liefde vir ‘Old School Southern Gospel Music’ met ‘n Suid-Afrikaanse geur. Dit is ‘n span wat die Woord van God in hul gemeenskappe wil versprei. Met behulp van motiverende en inspirerende sprekers soos Alta Strauss en Rene du Preez, is hierdie span hier om ‘n voorbeeld te wees vir ander rondom hulle. Om ‘n Cowboy4God te wees, beteken eenvoudig ‘Man up’ vir God, wees ‘n harde voorbeeld en leier vir diegene rondom jou – ‘n soldaat vir Sy leër!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest