DIE JAN BLOHM REVUE by GRAND WEST ARENA

Kaapstad gaan nóóit weer dieselfde wees nie! Die koning van Rock gaan ons Moederstad se fondasies kom skud tot Tafelberg se kranse antwoord gee. Wat hierdie vertoning anders maak as net nog ‘n Jan Blohm show is dat hy van die grootste name in die Rock-bedryf saambring. Hou jou asem op, hier is hulle; Arno Carstens, Roan Ash, Albert Frost, Loki Rothman, Ryno Velvet, Gian Groen, Gert Vlok Nel en Camilla van Niekerk! Almal, onder begeleiding van die Jan Blohm band! Hierdie is nie net nóg ‘n Rock-show nie, maar ‘n storie wat handel oor meer as twintig jaar van Afrikaanse Rock-musiek wat vertel gaan word deur van ons land se beste digters en treffer-op-treffer wat jou hart se snare gaan pluk, want soos ons weet, hierdie is ‘n samevoeging van die room van Suid-Afrikaanse Rockers!

Een aand wat jy in jou lewe nooit sal vergeet nie! “Ai my lam. Another Universe. Whisky to my soul. Groentrui”…en so kan ons aangaan wat bewys dat hierdie ‘n trefferbelaaide aand gaan wees met van ons land se bestes!

Musikale regie word behartig deur Loki Rothman.

Of jy nou ‘n ou of jong ‘Rocker’ is, hierdie is ‘n aand wat vir die res van jou lewe gaan onthou.
Bespreek NOU jou plek by Computicket.

Grand West Arena

22 Julie 2019
Deure open 19:00
Show time: 20:00

Kartjies by:

https://online.computicket.com/web/event/jan_blohm_revue/1296994284/0/94408768

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest