Die singende skaapwagter van Namakwaland

Die singende skaapwagter van Namakwaland is besig om naam te maak met die uitsonderlike liedjies wat hy dag na dag in die veld sit en skryf. Die talentvolle Brain het die aandag van Riku Lätti van die Wasgoedlyn getrek en siedaar., Oukie van Namakwaland is gebore. Die mooiste musiek geskryf deur ‘n sagte liefdevolle siel. Musiek wat sal verteder en ook die voete sal laat skoffel. Brain Cloete is ‘n mens mens, ‘n kind van die aarde en die ongerepte lirieke en die note uit sy kitaar vertel die storie van sy plek. Sy mense.

 

Brain was ’n finalis in die SABC se Transnet Rising Starz-sangkompetisie in 2015. Op dié program het Janneke Strijdonk, Johannes Kerkorrel se voormalige bestuurder, hom raakgesien.

Saam met die musiekkenner Deon Maas het sy hom opgespoor en voorgestel aan die sanger en klankbaanskrywer, Riku Lätti.

Brain gaan in die tweede reeks van Die wasgoedlyn (op die kanaal kykNET Nou!) verskyn.

Sy musiek is rein en ongerep. Die melodieë wat hy skryf is vol naakte skoonheid. Hy skryf in die natuur, hy sien die mooi en hy sing daaroor.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest