“Groen Trui” Jan Blohm die storie

Groentrui Jan Blohm 2006

 

 

Bm
En die son brand purper my gedagtes
G A
As die son of die reen vir jou kom haal
Bm
Jy se iewers is daar liefde
G A
Iewers waar die tyd vir jou kom haal

koor
***************************
G
Bly vanaand by my
Bm
Ek weet jy het seer gekry
A
Sit jou lyfie in my groen trui
G Bm A
Bly vanaand by my x3

*************************

Wie is die girl daar onder jou oe
Wat in Christmas kan glo
Happy hours by die kroeë

Vra my laaitie het jy n light
Jy vou n droom soos n kite
En ek scheme tonight, tonight might be my lucky night!

koor

ja dit maak my siek dit maak dit maak my blind
Ek is jammer ek het jou ingesluk
Is daar iemand wat vir my bid

Maak my hartjie weer rein
Gee my Rembrandt van Rijn
Maak my blind vir hulle seine

koor

My derde CD getiteld “Groen Trui” is in November 2006 met ‘n groot gejuig van julle en ek bekendgestel by die Performer Teater in Pretoria. Die CD bevat (natuurlik) my gelyknamige single wat bekend geraak het met die bekende TV reeks ‘Orion’.

Ondanks sterk kompetisie het ons twee Huisgenoot Tempo Toekennings in 2007 (absoluut danksy julle) gewen
naamlik Gunsteling Rockalbum vir Groen Trui en weereens vir Gunsteling Rockgroep.

November 2007 verskyn die DVD, ‘Live at the Performer’. Die opname is gemaak tydens die bekendstelling van ‘Groen Trui’ by die Performer Teater. Neil Sandilands het n ongelooflike job gedoen, hy het ook die video
gemaak., hy was n yster.

Met die jaarlikse SAMA toekennings aand word Groentrui bekroon met ‘n toekenning in die kategorie ‘Beste Afrikaanse DVD van die Jaar’., hoogte punt van vir my as dit by daardie goed kom.

Breyten Breytenbach, een van die Sestigers wat sterk onder invloed van die Franse lektuur gestaan het, het homself vanuit Parys, Frankryk, voorgestel as “die maer man met die groen trui”. Hierdie beskrywing kom voor in sy gedig “die bedreiging van die siekes” en sluit hy af deur te pleit: “Kyk hy is skadeloos, wees hom tog genadig” (Breytenbach 2001:15).

Dit het my diep geraak en ek wou gehad het my mond moet so mooi kon se
sodat magteloos in my woorde (my groentrui)
kon kom le.

Bedreiging van die Siekes Breyten Breytenbach

(vir B. Breytenbach)

Dames en Here, vergun my om u voor te stel aan Breyten Breytenbach,
die maer man met die groen trui; hy is vroom
en stut en hamer sy lang werpige kop om vir u
‘n gedig te fabriseer soos byvoorbeeld:

ek is bang om my oë toe te maak
ek wil nie die donker leef en sien wat aangaan nie
die hospitale van Parys is stampvol bleek mense
wat voor die vensters staan en dreigend beduie
soos die engele in die oond
dit reën die strate afgeslag en glyerig ……..

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest