HELENÈ BESTER en KRISTI KAT SE EERSTE MUSIEKVIDEO

Net so!! Die liewe, vriendelike kat, KRISTI, se eerste musiekvideo saam met Helene Bester, is vrygestel!! KESIE is die titel van hierdie gesogte kindermusiekvideo. Bester en Kristi Kat gaan kuier op ‘n plaas waar hulle wonderlike diere ontmoet en die eerste dier waarmee hulle te doen kry is KESIE die apie!!

In volgende jaar stel Helene Bester en Kristi Kat ‘n dvd vry! Kristi Kat maak op hierdie reis vir die eerste keer kennis met ‘n trekker!! Helene sing saam met hom oor al hierdie opwindende avonture. Kristi Kat groet almal met die Kristi Kat-groet – iets interessant vir die kleintjies onder ons!!

Helene Bester en Kristi Kat sing ‘n paar nuwe komposisies, soos “Trekker” en “Gras, blommetjies en bome”. Maar die nuut verwerkte liedjies (Roche Victor) vanuit die F.A.K. is ewe pittig! Dis “Kesie”, “Gomverdorie Poetoepap”, “Hasie”, “Op die plaas” en nog vele meer, wat die kleinspan se vrae oor diere en die natuur beantwoord.

 

 

 

Save

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest