Jannie du Toit: Drie bekendstellingskonserte

Jannie du Toit: Drie bekendstellingskonserte: Kaap, Pretoria en Johannesburg
Nuwe album “OESJAAR 2018”
Met ’n Kaapse toer vanaf 4 tot 22 Desember om die cd verder bekend te stel
Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en Theuns Botha (slagwerk)
SONDAG 11 November 16h00
Mothership Studios, Philadelphia
BESPREEK vir die konsert by: 072 460 5568 of jopie@pierneefteater.co.za
R180 per persoon vir konsert
Ete by De Malle Meul Restaurant (Hoek van Main Rd & Meulstraat, Philadelphia)
Bespreek vir die ete by: 021 972 1097 of info@demallemeul.co.za
3-gang buffet middagete @ R260 per persoon
DINSDAG 13 November 20h00
Atterburyteater (Pretoria)
Computicket
Navrae: 012 942 5951
R150 / R180
Saterdag 1 Desember 19h00
Melville Kruiskerk (Johannesburg)
011 726 6969 / 011 726 8452 / agterplaas@agterplaas.co.za
R120
OESJAAR 2018: ‘n Nuwe album vir Jannie du Toit

Met musiekstyle en -tendense wat konstant verander, neem dit ’n merkwaardige musikant om vir byna vyf dekades relevant te bly. Afrikaanse musieklegende, Jannie du Toit, is een van daardie kunstenaars wat die toets van tyd kon deurstaan.
Hy het homself oor die afgelope paar jaar daarop toegespits om musiek van sy gunsteling-musikante, soos Jacques Brel, Jules de Corte, Koos du Plessis en Lucas Maree te sing, maar het besluit dat dit weer tyd is om op sy eerste liefde en passie te fokus – naamlik om Afrikaanse liedjies te skryf en na die verhoog te bring. Die resultaat hiervan is ’n splinternuwe album: OESJAAR 2018 – al die liedjies uit Jannie se pen.
Die liedjies op die nuwe album bevat wyd uiteenlopende temas: Daar is ’n huldeblyk aan die oorlede musieklegende Christa Steyn met wie Jannie vir 25 jaar saamgewerk het. Hy sing verder oor ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville en oor die passie wat ‘n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie. Die lied ‘Ons soek ’n tata’ is opgedra aan Madiba en in die titelsnit ‘Oesjaar’ gebruik hy ’n wingerd as beeld van sy musiekloopbaan. Jannie het ook ’n liefdeslied vir die album geskryf, opgedra aan sy vrou Therina met wie hy in Junie vanjaar getroud is. Hierdie snit is ook reeds middel Oktober as enkelsnit uitgereik.
Een van die bonussnitte op die album is Jannie se immergroen treffer ’n LIEDJIE VIR JOU – wat hy presies 40 jaar gelede geskryf het – waarvoor Karen Zoid ’n rock-baadjie aangetrek het. Sy het dit saam met hom opgeneem op haar program Republiek van Zoid Afrika.
OESJAAR 2018: Kaaptoer – Desember 2018
Di 4 Desember: Kroonstad Micro Theatre and Showcase
083 527 8153
Wo 5 Desember: Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
functions@surval.co.za
Do 6 Desember: Theatre Bay Pasta Co, Jeffreysbaai
078 087 2806 / 0422 933 564
Vr 7 Desember: Jongensdal, Stilbaai
082 496 1573
Sa 8 Desember: Gouda Hotel
023 232 0212
So 9 Desember: Die Boer, Durbanville
021 979 1911 / 082 574 1651
Ma 10 Desember: Montagu Country Hotel
023 614 3125
Di 11 Desember: De See Kat, Paternoster
082 445 5540
Wo 12 Desember: Die Ou Meulteater, Paarl
083 524 3744 / 079 603 6729
Do 13 Desember: Drostdyteater, Stellenbosch
Computicket
Vr 14 Desember: Tin Kitchen by Vensterklip, Elandsbaai (aand)
022 972 1340
Sa 15 Desember: Hermanus Ouditorium
028 312 2629
Ma 17 Desember: Showroom Theatre, Prince Albert
023 541 1563
Do 20 Desember: NG Kleinmond, Bettiesbaai
084 704 4412
Vr 21 Desember: Nature’s Valley Gemeenskapsaal
044 531 6820
NAVRAE: Jopie Koen 072 460 5568 of jopie@pierneefteater.co.za