JUANDRE MARAIS – LALIE

Nuweling Juandre Marais mag dalk nou eers op die verhoog begin naam maak, sy sukses kan gemeet word aan sy sterk wilskrag, hardwerkend en het so pas sy nuutste video van sy album Lalie vrygestel.

Juandre het sy eerste kitaar gekoop toe hy 16 was en nog nooit teruggekyk nie. Musiek is wat hy droom, eet en slaap.

“Geduld, deursettingsvermoë, harde werk en integriteit is die vier pilare waarop ek my sangloopbaan bou. Hoe meer musiek ek hoor, hoe meer wil ek musiek maak,” het hy gesê.

Hoewel Juandre se sangstyl soms aan dié van Theuns Jordaan herinner, is dit sy rocktegnieke wat hom anders maak. Luister byvoorbeeld na Rock ’n Roll Cowboy, 20 Jare Later, Onthou en Rock ’n Roll Medley.

 

Ander liedjies wat goeie terugvoer ontvang het was Bly, Kyk Hoe Val Die Reën en Lalie. Laasgenoemde was vir meer as 10 weke op Bosveld Stereo se Top 20. Die video vir Kyk Hoe Val Die Reën is ook op YouTube te sien en speel gereeld op kykNET Musiek. Boonop verskyn Juandre se liedjie Vir My Is Daar Net Jy ook op die saamgestelde album, Liefde Gaan Groot Vol 3.

 

Juandre hoop om in die toekoms ’n gevestigde Afrikaanse sanger te wees. Dis wel nou maar net die begin van sy sangloopbaan, maar teen die koers wat sy ondersteuningsbasis groei en sy musiek op al meer plekke gehoor word, blyk dit dat daardie droom binnekort voor sy deur sal staan.

Hiers Lalie geniet hom en deel die video met vriende.

Lydia Winchester

011 475 2187

082 554 8453

lydiaw@mweb.co.za

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest