Kiekies – Lucas se liedjies: Jannie du Toit en Thean Kotze (Foxwood Teater, Houghton, Jhb)

Lucas Maree het as liedkunstenaar min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (stigterslid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

 

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en ’n legende van Afrikaanse musiek passievol aan.  Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmonieë en tekste wat iets te sê het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het – daargestel het. Lucas Maree se werk boei oud en jonk – ’n seuntjie se gewaarwordinge oor ’n treklorrie tot eindelose, doellose gesprekke tussen geliefdes en die ontdekking dat liefde nie minder word as dit weggegee word nie. Soos die tekste is die musiek ook ryk geskakeer en bied dit aan die kombinasie van kitare en stemme  baie ruimte vir eksperimentering en verskeidenheid.

 

Bespreek by hierdie skakel of skakel 082 712 5680

http://live.skybookings.net/6rGEy
Om vir die ete te bespreek, bespreek by die teater – alle info oor die ete onderaan die e-pos

 

REëLINGS OOR ETE

Etes is R180pp en dan is daar ook ’n tapas opsie – tapas en 1 glas wyn vir R100

Afsnypunt vir ete-besprekings verkieslik die dag voor die vertoning

 

FOXWOOD HOUSE

Website www.foxwood.co.za

Physical Address

13, 5th Street

Houghton Estate

Johannesburg   2198

Tel  + 27 11 486 0935

Cell  + 27 82 712 5680

Email  theatre@foxwood.co.za

 

NAVRAE oor optredes:  Jopie  072 460 5568 of info@pierneefteater.co.za

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest