LUCAS MAREE SE LIEDJIES môre in Bloem, dan Stellenbosch, Die Boer, Stilbaai, Plet se Barnyard en Saterdagaand Gariep.

 

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Twee topsangers en -kitaarspelers, Jannie du Toit en Thean Kotze (stigterslid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

MAANDAG 14 Mei

Aasvoëlklub, Bloemfontein

TYD:  20h00

BESPREEK by:  079 796 7975  www.vulture-aasvoelclub.com
VOORPROGRAM:  Jacobus Silwer (Sien meer oor sy optrede onderaan)

DINSDAG 15 Mei

Drostdyteater

TYD:  20h15

BESPREEK by: https://online.computicket.com/web/event/kiekies_lucas_se_liedjies/1204864576
Navrae:  087 943 2459 / 082 802 3189

WOENSDAG 16 Mei

Die Boer Restaurantteater

TYD:  20h00

BESPREEK by: 021 979 1911 / 083 406 0111

DONDERDAG 17 Mei

Jongensdal, Stilbaai

TYD:  19h00
BESPREEK by:  082 496 1573

VRYDAG 18 Mei

The Barn, Plettenbergbaai

TYD: 19h00  Deure oop vanaf 17h30
BESPREEK by:  www.barnyardplett.co.za of https://tickets.tixsa.co.za/event/kiekies—huldeblyk-aan-lucas-maree
NAVRAE:  079 876 0406

SATERDAG 19 Mei

Kleinteater@rolbalklub, Gariepdam
TYD:  18h30 vir 19h00
BESPREEK by:  082 375 2577

ALGEMENE NAVRAE:  Jopie Koen 072 460 5568 / jopie@pierneefteater.co.za

VOORPROGRAM op Maandag 14 Mei by die Aasvoëlklub in Bloemfontein

Jacobus Silwer, kunstenaar van Bloemfontein en voorheen deel van Select musiek se mans-duetgroep, Silwer en Goud, tree in die voorprogram op vir hierdie konsert: Intieme musiek geskryf in verkillende genres waarmee Jacobus sy liefde vir liriek en vir sy taal beklemtoon. Sy kitaar, stem, sy vrou, Lizzie se trekklavier en JC,sy broer, se baskitaar skep ‘n unieke klank wat gehore lank na die tyd bybly…

Hierdie twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en ’n legende van Afrikaanse musiek passievol aan.  Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmonieë en tekste wat iets te sê het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het – daargestel het. Lucas Maree se werk boei oud en jonk – ’n seuntjie se gewaarwordinge oor ’n treklorrie tot eindelose, doellose gesprekke tussen geliefdes en die ontdekking dat liefde nie minder word as dit weggegee word nie. Soos die tekste is die musiek ook ryk geskakeer en bied dit aan die kombinasie van kitare en stemme  baie ruimte vir eksperimentering en verskeidenheid.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest