‘n integrerende Afrikaanstalige televisiekanaal

StarSat kondig aan dat OnseTV – ‘n integrerende Afrikaanstalige televisiekanaal – vanaf 29 September op die lug sal wees.

StarSat, Suid-Afrika se toonaangewende satellietdiensverskaffer, is teenwoordig deur StarTimes in vele Afrika-lande, en bedryf self hulle besigheid in 30 daarvan, insluitend Suid-Afrika. Die groep se Afrika-subskribsie getal is digby 8 000 000.

OneTV is ‘n nuwe televisiekanaal wat die belange en kulturele aspekte van die groep mense wat in die gewone taal as Bruinmense bekendstaan, te dien en uit te beeld. Die Bruinmens-groepering is hoofsaaklik Afrikaanssprekend en dit sal so op die kanaal weerspieël word hoewel die kanaal nie eksklusief in Afrikaans aangebied sal word nie. Die kanaal se uitsendings sal op 29 September 2017 ‘n aanvang neem. Meer inligting sal weldrae aan die publiek bekend gemaak word.

Die bestuur van OnseTV wys daarop dat dit nie bloot ‘n gelukskoot was nie. “Ons werk met ‘n wye verskeidenheid mense in die bedryf en inderdaad ons gemeenskap, en dit was al lank reeds vir ons duidelik dat daar nie ‘n gefokusde kanaal was om na die grootste Afrikaanssprekende gemeenskap om te sien nie, dis ons Bruin Afrikaanstaliges. Daar lê soveel kleur en tekstuur in hierdie gemeenskap dat mens dit net wil omarm en samelewing skep. Die reaksie uit ons onmiddellike gekleurde gemeenskappe was ongelooflik. Die energie wat daar heers is tasbaar en ons hoofdoel gaan wees om daardie gees en drif vas te vang en op die kleinskerm te weerspieël”.

Dit is wyd bekend dat die gekleurde Afrikaanssprekendes die verre meerderheid is wat dié taal as huis- en voertaal gebruik. Wat nie so bekend is nie is dat hierdie kulturele groepering se wortels meer in Afrika geplant was is suiwer in sy Europese komponent. Dit word erken dat die Khoi- en Sangroepe, die oudste gerekende inwoners van die Suider-Afrika streek, die grondslag van die gemeenskap vorm. Vermenging met ander plaaslike swart inwoners asook Europieërs wat hier aangekom het as seevaarders het dan gelei tot die totstandkoming van die gekleurde gemeenskap in Suid-Afrika. Die kanaal gaan hom daarop toespits om die pragtige diversiteit wat binne hierdie gemeenskap heers tot sy volle reg te laat kom.

By OnseTV, kanaal 462 op StarSat het alle groepe binne die bruin gemeenskap nou ‘n stem. Iets wat hulle nooit van tevore gehad het nie. OnseTV is ‘n tuiste vir die bruin gemeenskap om hulle kultuur en taal voluit uit te leef en sodoende kulturuele gapings te oorbrug. Daar is geen twyfel aan die ongetapte talent wat teenwoordig is in die bruin gemeenskap nie maar baie van hierdie talentvolle mense word gewoonlik weggewys by hoofstroom media.

Een van die programme om na uit te sien:

“Kom roer met Tannie”

OnseTV is ‘n kanaal deur die mense, vir die mense wat beteken dat ‘n hele nuwe wêreld van geleenthede, werkskepping en betrokkenheid by die kanaal oopgaan vir mense wat nooit van tevore hierdie geleenthede gehad het nie.

Debbie Wu, die waarnemende hoof uitvoerende beampte van On Digital Media sê die volgende:

“In ooreenstemming met ODM se missie en waardes, is ons soeke na kwaliteit Suid-Afrikaanse TV-kanale en bekroonde televisieprogramme die kern van ons toewyding tot diensuitnemendheid. In hierdie opsig is dit vir ons aangenaam om ons vennootskap met ONSE TV aan te kondig. Hierdie opwindende kanaal gaan vêr gaan om die ryk erfenis van Suid-Afrikaanse ‘bruinmense’ te vier deur die lewendige medium van die Afrikaanse taal. Ons is trots om met OnseTV geassosieer te word, aangesien dit baie waarde gaan toevoeg aan ‘n reeds wonderlike verskeidenheid kanale op die StarSat-platform.”

 

SKAKELS:

Webwerf: www.onsetv.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/onsetv/

Twitter: @Onse_Televisie

 

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest