Piet Botha gaan old school met Die Middernagtrein

Piet Botha gaan old school met Die Middernagtrein

Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, gaan Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend stel.

Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars uit die ateljee waar hulle vir drie weke aan Die Middernagtrein by Wolmer Records gewerk het.
“Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ‘n gig in die middel van die nag. Die middernagtrein is maar ‘n metafoor vir life on the road.”
Hierdie is Piet se sesde Afrikaanse album, uit ‘n totaal van sestien vollengte albums.

Aanhangers van Piet en Jack Hammer wat iets rustiger verwag het, mag dalk verras wees. Lanie van der Walt, die album se regisseur van Wolmer Records en ‘n ou lid van Jack Hammer, het saam met Jake Gunn en Johnathan Martin, weer op die snare geklim om die album nóg borshare te gee.
“Ons het aanvanklik nie beplan om hierdie album so heavy te maak nie,” sê Piet. “Die songs was almal op ‘n akoestiese kitaar geskryf, maar die hele band het vroeg in die opneemproses al besluit om die album te vul met sleutelveranderinge en baie kitare. Dít het maar net daarheen gelei, jy weet?”
Die album word tydens Piet en Jack Hammer se nasionale toer, wat in Maart in Gauteng afskop, bekendgestel.

Volg Piet Botha se toer hier:

02 Maart – Die Kos-Huis, Rosendal

04 Maart – Mix 93.8 FM, 17h45 09 Maart – Rustique Boutique Hotel, Middelburg

10 Maart – Radium Beer Hall, JHB 11 Maart – Otterlake German Restaurant, Roodeplaat

16 Maart – Cafe Barcelona Gigs, PTA

17 Maart – Hidden Eden, Rietkol (Mpumalanga)

18 Maart – Railways Cafe, Irene (PTA)

21 Maart – Pierneef Teater, PTA

Die Middernagtrein sal by alle vertonings beskikbaar wees.
Piet het onlangs by die Vonk-familie aangesluit, wat die verspreiding sal behartig. Die Middernagtrein sal vanaf April by Musica-winkels landswyd, asook op alle aanlyn-musiekplatforms, beskikbaar wees.

Kontak:
Vir meer inligting, die album resensie, fotos en navrae of onderhoude kontak Jessica by That Other Booking Company: jessica@tobc.co.za | 083 464 3281.

 

 

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest