Proteas op die tafel! Camille se eerste oorspronklike Afrikaanse snit

Camille van Niekerk! Amerikaans gebore sanger wat ʼn ongelooflike voorliefde vir ons mooi taal ontwikkel na haar huwelik met haar Suid Afrikaans gebore man wat tans medies in Amerika studeer. Haar Afrikaanse weergawes van bekende treffers wat sy aanvanklik vir haar man en sy ouers gesing het ʼn internet sensasie geword. Duisende aanhangers het vir voorstelle gestuur wat hulle graag sal wil hoor, Camille het dit akoesties getoonset en met haar aanhangers gedeel. Wat ʼn groot voor reg was dit nie vir haar toe Gian Groen aangebied het om vir haar ʼn oorspronklike lied te skryf.

Nadat Gian met haar kontak gemaak het, het sy vir hom gesê dat sy al op ʼn geleentheid saam haar man in Suid Afrika was en dat sy verlief geraak het op die mooi Kaap en sy proteas.

Proteas op die tafel! Camille se eerste oorspronklike Afrikaanse snit

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest