Sê My Lief – van Steyn de Wet se album Hooglied

Die kunstenaar – Steyn de Wet

In ‘n TV onderhoud vertel Steyn de Wet dat sy album HOOGLIED gaan oor liefde en liefde maak. Maar binne die liefde is daar ook baie seer, wat deel is van die lekker van liefde. En so ook verlore liefde. Maar die seerste verlore liefde is dáárdie geliefde wat jy na aanhou hunker, en aanhou hoop jy weer kan terugbring. Hy vertel “in baie van die songs (op die album) hunker ek alreeds na iets wat nog nie dood is nie”. Maar dan ontdek jy dat daardie liefde nie verlore is nie, maar dood…

Die snit “Sê My Lief” vertel so ‘n verhaal. Die eens warm samesyn verander in ‘n koue bed van eensaamheid waneer ‘n paartjie se toekomsplanne uitloop op niks. En waneer jy weet daars nog iets van jou binne die ander een maar jy nie meer toegang daartoe het nie. Steyn gaan voort “Ek onthou toe ek en my produksiespan aan die konsep vir die (musiek) video gewerk het, die harde sement wat jou opvreet soos jy stuk vir stuk swakker word, die koue wat om jou toevou, wyl al die tyd die hoop van terugkeer mooi en hoog bo jou uittroon, en sy met elke vriendelike geselsie eintlik maar net nog ‘n stuk van jou uitruk, totdat jou hart self ook in stukke bars. Die video is dus ‘n fisiese uitbeelding van die emosionele bankrotskap waarin verlore liefde jou hart in laat verweer.”

In eenvoudige, amperse Leonard Cohen styl, neem hierdie snit jou op ‘n reis van wanhoop om liefde weer te herstel.

VPH Films
Deur saam te werk met die die kunstenaar, kon vervaardiger Michael van Zyl (VPH Films) die essensie van die hunkering na ‘n liefde se terugkeer vasvat in ‘n lee” koue fabrieks terrein, en die aanklop by die agterdeur van ‘n huis waar die swembad leeg staan in die agtergrond terwyl die reën koud en aanhoudend val. Die eenvoud van die produksie weerspieel die eenvoud en kragdadigheid van Steyn de Wet se treffende “Sê My Lief” wat op die album “Hooglied” verskyn.

2 thoughts on “Sê My Lief – van Steyn de Wet se album Hooglied

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest