Shaleen Surtie-Richards vat haar rol as FIELA terug na 30 jaar!

FIELA SE KIND word is terug op die verhoog met Shaleen Surtie Richards in die hoofrol van Fiela. Die produksie toer tans landwyd en is totaal uitverkoop waar dit ook al gespeel het. Shaleen sê dis wonderlik om weer Fiela te speel. “Ai man … dertig jaar later en soveel ander rolle later. Toe gee Frans Swart, die regisseur, my weer die geleentheid om Fiela te speel. Weet jy, toe ek daai kopdoek opsit, toe kom alles weer terug. Toe is ek weer Fiela. En elke akteur kry mos een rol wat net vir hom of haar bedoel is. Fiela is my rol en dis ‘n eer vir my om weer te gaan delf in Dalene Matthee se uitstekende roman wat met soveel liefde geskryf is.”

Dalene Matthee se FIELA SE KIND – DIE DRAMA is vanjaar voorgeskryf vir Matrieks Afrikaans Tweede Taal. Bekroonde regisseur, Suzanne van Wijk het die verwerking van FIELA SE KIND as drama behartig. Frans Swart, regisseur van die huidige FIELA SE KIND het ook Van Wijk se verwerking herverwerk. Bekende aktrise, Shaleen Surtie-Richards is na 30 jaar terug in die rol van FIELA!

Skole kan nou bespreek vir FIELA SE KIND – spesiale tariewe vir groepe!  admin@lefra.com

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest