OULAP SE PAD

Daniel Eeuwrick – Oulap Se Pad

Uitstekende musiek video met twee hoof temas, die pragtige see-uitsig uit ‘n perfek gekerfde woning wat uitkyk oor die see, en daai kar!

Daniel Eeuwrick - Oulap Se PadDie rooi Zypher 6 uit die vroeë 1960s loer onder die garagedeur uit, reg vir oulap se pad, reg om sy nou-suksesvolle meester terug te neem na paaie waar hy in vroeë jeugjare geluk beleef het, speelkarretjie in die hand. Meesterlik neem Daniel Eeuwrick ons op ‘n kuierrit terug na dae van eenvoud, toe ons grootmense net kinders was. Die musiek konstruk is onmiddelik berustend en mens kan aan-en-aan daarna luister, amper so koel soos Daniel agter die rooiwa se wiel. En oulap se pad?

“Ek gaan soek daai klein maaitjie van my, ek’t lang terug laat agterbly”. En daar waar hulle in die beloofde land van berg, rots, klip en sand, rivier gespeel het, soek hy sy maatjie weer. En toe, toe kom die engel…met die video wat afsluit met die rooi Zypher wat vir die laaste keer oorry na die anderkant.

Die snit is, soos op Daniel Eeuwrick se bekroonde eerste album Op ʼn leë Paron van 2014, weereens deurdrenk van uitstaande musiek en musiekmakers. Maar dis die prag-nostalgie van die Hammond orrel sag in die agtergrond wat die herinneringe sal wek. Nog ‘n treffer album van die oud-Bloemfonteiner wat die hart en lagspiere gaan wakkermaak.

 

https://www.youtube.com/watch?v=qmlmcxIOIIg

Save

Save

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest