TWEE – Sirkels

Kort op die hakke van hul weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE se tweede album, SIRKELS wat nou bekikbaar is by alle goeie musiekwinkels en op digitale platforms.

Gehore reg oor die land het verlief geraak op Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle wye verskeidenheid liedjies waar luisteraars sal kan huil, dans, glimlag, nostalgies wees, om die braaivleis vuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie omdat hy juis wil hê die luisteraar die liedjies hul eie moet kan maak na aanleiding van hul eie ervaringe. Hy noem ook dat hy weer universele temas gekies het waarby baie uiteenlopende mense aanklank kan vind. Herman hou homself selfs rymkletser op een van die liedjies en sê “As Ed Sheeran dit kan doen, kan hierdie gemmer mos ook. Ek sit op elke album altyd ‘n lukrake liedjie waarmee ek sommer net die waters toets. Ek is werklik opgewonde om die luisteraars se opinie hieroor ook te hoor.”

TWEE tree landswyd op in meestal intieme atmosfere waar hul gehore op ‘n diep emotionele reis saam met hul neem met hul eenvoudige maar treffende melodieë en lirieke.

Herman het weer al die liedjies gepen maar ons is ook opgewonde om aan te kondig dat Maria ook een liedjie bygedra het tot die album. Herman self skryf ook nou vir ander bekende kunstenaars wat sy unieke skryfstyl leer ken en vertrou het oor die afgelope paar jare. Die opname van die album is behartig deur Jurgen von Werchmar van Sunset Studios wat weer die egheid van hul klank kon vasvang op die vars, rou en onopgesmukte duo se klank.

Die lede van TWEE, Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers het mekaar 6 jaar gelede in Kaapstad ontmoet en onmiddelik besef dat as hul saam sing en speel mense ‘n tasbare magiese gevoel ervaar en so is TWEE gebore. Maria se ander twee groot passies is om skool juffrou te wees asook om die bekroonde Hoërskool Durbanville se skool koor af te rig. Herman skoei weer sy talente elders op sy TOEP Helping Out wat ‘n platform daar stel vir gemeenskappe en mense om mekaar te help sonder winsbejag waar daar ‘n behoefte is.

TWEE gaan aanhou om deur Suid Afrika te toer en vriende te maak met hul gehore.

Vir besprekings en media navrae, kontak gerus vir Gerda van Reenen – 073 404 6171 gerdacvr@iafrica.com

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest