vir Beeskraal gaan 2018 , ʼn jaar van feesvieringe wees

Vir een van Suid Afrika se bekendste rock groepe Beeskraal gaan 2018 vir hulle ʼn jaar van feesvieringe wees .Die Pretoria rock groep vier hulle 20ste jaar in die musiek industrie.

Sedert die laat 90’s is die groep al as revolusionêr bestempel met hulle unieke klank. Die groep se mengsel van rock musiek met tradisionele instrumente het menige media en die publiek se aandag getrek.

Die groep het alreeds diep spore getrap in die Suid Afrikaanse musiekindustrie. Die groep se styl kan vergelyk word met die Amerikaanse ‘Cajun/ Americana’ genre. Talle toekennings is die die jare heen deur die groep al ingepalm en steeds word die die groep bestempel as een van Suid Afrika se beste groepe. Die groep is veral bekend vir hulle energieke lewendige optredes en hulle individuele vernuf op hulle instrumente.

Kortlikse feite:

2013 Charles Smidt (stigterslid) bring die konsep na vore en is medevervaardiger van die baanbrekers reeks op kykNET Country Hart met Juanita du Plessis wat handel oor die geskiedenis van ‘country’ musiek en is verfilm oor 8 state in Amerika gedurende Maart en April 2013.

  1. 2011 Beeskraal word benoem vir Huisgenoot Tempo Toekennning vir Beste Rock Groep
  2. 2010 Beeskraal word benoem vir 3 Rapport VONK toekennings : Beste uitheemse song vir ‘Heel Somer Lank’, Beste Groep Album en Beste Rock Album .
  3. 2008 met Barney Simon as ‘mc’ stig Beeskraal ook die SA/DC band ter vereering van die legendedariese rockgroep AC/DC waarmee hul landswyd toer.
  4. 2008 tree Beeskraal op as Dozi se orkes te Emporers Palace vir 3 weke voor vol kapasiteit gehore vir Dozi se Creedance Clearwater Revival ‘tribute’
  5. 2008 Beeskraal stel hul 10 jaar album vry, ‘Roots en Boots’ met gas kunstenaars Dozi, Theuns Jordaan, Anton Goosen en Piet Botha.
  6. Beeskraal doen ook baie liefdadigheidswerk in hul gemeenskap en is nou betrokke by Woman Against Rape, Stop geweldmisdaad aksies, Helpende Hand, DBV, en Wolmertrust vir minder bevooregtes.
  7. 2007 maak die groep ook ‘n verskyning op BBC News Live vanuit London tydens die IRB Wêreld Beker te Fankryk.
  8. 2007 Nominasie vir Vonk toekennings vir Beste Rock Album saam Fokkofpolisiekar en Snotkop.
  9. 2007 word Beeskraal genooi vir Highveld Stereo en Rapport se RAW Rocks konsert se dvd opname te Sun City Superbowl saam met Karen Zoid, Theuns Jordaan en Valiant Swart.
  10. 2007 span Beeskraal kragte saam met ander musikante o.a MD Greyeling, Adam Tas, Elizma Theron en Steve Hofmeyer om plaasmoorde te stop. 2006 word die groep weer deur die Nelson Mandela Tourism Board genooi om saam Mandoza op te tree op Nelson Mandela Bay Beach.
  11. 2006 Belgiese regering nooi Beeskraal uit na die jaarlikse Belgiese volksfees.
  12. 2006 op groot aanvraag baie suksesvolle toere in London gespeel.
  13. 2005 ontvang VONK tydskrif Toekenning vir Beste Groep en Album vir 2004.
  14. 2004 ontvang ere toekenning van die ATKV vir bydrae en bevordering van Afrikaanse Rock Musiek.
  15. 2004 nominasie vir Pendoring Reklame toekenning te AARDKLOP
  16. 2004 wen Geraas (SABC 2) Musiek Toekenning vir Beste Rock Groep.
  17. 2003 wen Kanna Toekenning (KKNK) vir Beste Afrikaanse Groep.
  18. 2003 nominasie vir Huisgenoot Tempo toekennings vir Beste Rock groep.
  19. 2003 word benoem vir SAMA toekenning vir Beste Rock Groep saam met Sugerdrive, Springbok Nude Girls en Wonderboom.
  20. Verskyning gemaak op programme soos Geraas, Pitstop, Dis Hoe dit is met Steve, Kwêla, Pasella, Draadloos, mk89, 7e Laan, Villa Rosa ens.
  21. Musiek van die groep is op speellyste van verskeie nasionale sowel as gemeenskapsradiostasies en verskeie kere die gegewe radiostasies se die top posisies beklee.
  22. Musiek van die groep word deur twee S.A sielkundiges gebruik om V.S.A 9/11 trauma pasiënte te rehabiliteer.
  23. 2003 saam MANDOZA enigste ander S.A kunstenaars tydens die World Food Hunger Concert te FNB stadion.
  24. 2002 Enigste Afrikaanse groep wat optree tydens Vryheidsdag te Uniegeboue op aandrang van die regering. Eerste S.A groep wat genooi word na die Ukkassie fees in Londen.
  25. Die groep het alreeds 10 vollengte albums uit

 

Lydia Winchester

011 475 2187

082 554 8453

lydiaw@mweb.co.za

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest