VirAnder – U Alleen

 

Loof en Prys kry ’n nuwe unieke klank vanuit die Oos-rand deur ’n groep wat bestaan uit familie en vriende. VirAnder is daar om ’n verskil te maak in mense se lewens deur middel van hulle musiek om mense nog nader aan God te bring. Hulle musiek video vir ‘Sing ’n Hallelujah’ is al meer as 150 000 keer gekyk in minder as ’n week.

VirAnder het hulle bekendheid verwerf met die vertaalde weergawe van ‘Raise a Hallelujah’.

Die groep het besluit om die lied te vertaal omrede dit vir hulle salwing dra. Die liedjie volgens die groep, is ook op die oomblik relevant as ‘n encore lied vir Suid Afrika.

Die bedieningsgroep VirAnder het 3 jaar terug besluit om hulle droom te volg om mense weer nader aan God te bring. Al die liedere kom uit die pen van VirAnder se lede. Inspirasie is gevind deur hulle sterk geloof en in God se woord. Jy kan deur middel van hulle lirieke hoor hulle het net een fokus en dit is dat alles wat asem het die Here loof.

Met hierdie album wil VirAnder graag hê dat die liedere almal se harte sal aanraak en dat die hoop altyd in God gevestig sal bly.

Hulle CD vrystelling vind plaas op die 28ste Julie 2019 by die Woord En Lewe Kerk in Boksburg.

VirAnder se Debuut-album U Alleen sal binnekort beskikbaar wees.

Liedere op die album is soos volg: Prys die Heer; U Alleen; Sing ‘n Hallelujah; Meer; Braaf; Nader; Kind Van God; Ek is Vergewe; U is Goed; Wees Stil; Waarlik Vry

 

 

 

 

 

 

VirAnder bestaan uit:

Morne Coetzee – Stem, Kitaar

Zani Coetzee – Klawerbord

Estian Le Grange – Baskitaar, Klawerbord, Kitaar

Jady van Zyl – Dromme, Perkussie, Kitaar, Stem

Chantel van Zyl – Stem

Lizelle Maree – Stem

Daniélle Ackerman – Stem

Charles Ackerman – Kitaar, Stem

 

“…en die tweede , wat hiermee gelyk staan , is : Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” Matteus 22:39

Vir meer inligting, kontak Vonk Musiek:

Tel: 011 823 1771   E-pos: kunstenaars@vonkmusiek.co.za

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest