Willim Welsyn – Blitzkriek

Willim, die sewende album, is nou landwyd beskikbaar by alle CD-winkels.

Willim Welsyn – Blitzkriek (2017)

1. Die Saad Van Die Onkruid

2. Herfsheks

3. Al Die Cool Kinders

4. Ver Hiervandaan

5. Sanlamkliënt

6. Onbeskofte Beloftes

7. My Nuwe Dieet

8. Die Seun van Die Reën

9. Ysterkonfetti

10. Dis Vreemd

Afrikaanse rocker Willim Welsyn het al ses albums uitgereik, drie solo albums, twee saam met sy groep Die Sunrise Toffies en ‘n Engelse album Shunt onder die naam William Welfare.

In 2017 sien sy sewende vollengte album Blitzkriek die lig en op die dag van uitreiking skiet hy reguit na nommer op iTunes Suid-Afrika en Google Play Store se trefferparade in die rock-album kategorie.

Welsyn is al twee keer vir ’n SAMA-toekenning benoem en het ook ’n Huisgenoot Tempo Toekenning ontvang vir sy album Maanplaas. In die aande wanneer hy nie optree nie voer hy indiepte onderhoude met ander legendariese musikante en kunstenaars in sy garage in Bellville vir sy gewilde aanlyn potgooiprogram WAT Met Willim Welsyn

Meer oor Willim Welsynhttps://en.wikipedia.org/wiki/Willim_Welsyn

Webtuiste: http://williamwelfare.com

Save

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Pin It on Pinterest