Wouter van de Venter kraai koning op Bok Radio – 3e week #1.

Wouter van de Venter se nuwe album TOE ROEP JY MY is sy eerste na baie jare se stilwees. Wel stilwees is eintlik verkeerd omdat sy musiek en woorde deur ‘n magdom plaaslike kunstenaars opgeneem word. En in díe funskie – liedjieskrywer – is hy een van die land se grootstes. Soveel meer die waarde van ‘n album soos TOE ROEP JY MY. Van die nuwe album vertel hy  “Dit gaan alles oor liefde, dis ‘n love song album. Ek vertel van dinge en stories wat my na aan die hart lê”.

Oor die treffer op Bok Radio gesels Wouter van de Venter verder “Elkeen van ons het ‘n bietjie hippie in hom, en hierdie is daai song binne jou.” Al was jy daai tyd ‘n square hoofseun, nou sing jy “vat jy my terug na die ou dae, die jong dae, ons lekkervry op skooldae”. Die woorde val een vir een in plek met ‘n bindende ritme wat jou lyf losmaak en die memories laat loop. Die ander ding van hierdie liedjie se toorwerk is Van De Venter se meesterlike kitaarspel (hy het immers as jong musikant groot name soos Jannie du Toit en Laurika Rauch vir jare op die verhoog begelei).

As jy hier langs my staan/As die hippies begin dans… Nou vir die derde week #1 op Bok Radio se Top40. Wouter, go tjom, jy mag maar…

Die treffer As die hippies begin dans (van die album TOE ROEP JY MY) is hier op Youtube:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Pin It on Pinterest