Ons is verheug om aan te kondig dat Ryno se nuutste album, “Heelal”, op 9 Februarie 2024 op alle digitale platforms vrygestel sal word. Hierdie album is ‘n viering van die mooi oomblikke in die lewe en die waardevolle verhoudings wat ons koester, asook ‘n boodskap van waardering vir die natuurskoon om ons.
“Heelal” is geïnspireer deur die doel om ‘n klank te skep wat luisteraars ‘n positiewe gevoel gee, terwyl die lirieke steeds ‘n dieper betekenis dra wat mense kan vereenselwig. Die album kommunikeer ‘n sterk balans tussen die ligter aspekte van die lewe en die erns en belangrikheid van positiewe verhoudings.
Die samestelling van hierdie album het ‘n emosionele konneksie vir ons gehad, aangesien dit ‘n viering is van die waardevolle oomblikke en ‘n boodskap van waardering vir die mense en die natuur om ons. Fantastiese musikante het hul breinkrag en talent gebruik om by te dra tot die positiewe en opbouende klank van “Heelal”.
Die kernboodskap van hierdie album is dat dit belangrik is om nie net op die uitdagings in die lewe te fokus nie, maar ook om tyd te maak om die dinge te waardeer wat ons as mense opgewonde en gegrond laat voel. Of dit nou ‘n sonsak, ‘n spesiale persoon, of selfs ‘n goeie boek is, daar is waarde in die viering van die positiewe elemente in ons lewens.
Ryno sien uit daarna om hierdie album met julle te deel en glo vas dat dit ‘n impak sal hê op almal wat daarna luister.
Geniet die enkelsnit en musiekvideo op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/rynovelvet
RYNO VELVET SOSIALE MEDIA:
Facebook: https://www.facebook.com/velvetryno
TikTok: https://www.tiktok.com/@rynovelvet
Instagram: https://www.instagram.com/rynovelvet/?hl=en
PUBLISITEIT & BEMARKING:
Vonk Musiek
Kyra Grobler
Sel: 072 107 0069
E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf: www.vonkmusiek.co.za