Vonk Musiek

NUUS

ONTSNAP VAN BEKOMMERNISSE MET ANDRIËTTE SE “KANNIE WARRIE” – ‘N LIED VAN SORGELOOSHEID

Ons is opgewonde om die uitreiking van Andriëtte se nuutste enkelsnit, “Kannie Warrie,” aan te kondig, wat op 24 November 2023 op alle digitale platforms beskikbaar is. Hierdie inspirerende lied, geskryf deur Emil Struwig, bied ‘n boodskap van hoop, sorgeloosheid en die bevryding van alledaagse bekommernisse.

Andriëtte, het die volgende te sê oor die lied: “Dit is die perfekte liedjie om te speel wanneer jy  terug sit om ‘n lekker vakansie vuur, om jou in die vakansie bui te kry en te vergeet van al die ‘warries’ wat so maklik ons gemoed daagliks verteer.” Hierdie beskrywing weerspieël die kernboodskap van “Kannie Warrie”, wat is om jou bekommernisse in die wind te gooi en te ontspan.

Andriëtte deel verder haar gevoel oor die lied deur te sê: “Die liedjie dra ‘n gevoel van los jou laste agter en omarm ‘n gevoel van sorgeloosheid, rus, en ontspanning” Hierdie boodskap van loslaat en die omarming van ‘n sorgvrye gees is ‘n kragtige boodskap wat die luisteraars aanmoedig om die druk van alledaagse lewe af te skud.

“Kannie Warrie” bied ‘n unieke geleentheid vir luisteraars om ‘n oomblik van verligting te ervaar te midde van die uitdagings van die lewe. Dit is ‘n lied wat die luisteraars aanmoedig om hul laste agter te laat en met die moderne ‘pop’ klanke ‘n gevoel van vryheid te omhels.

Ons nooi almal uit om die uitreiking van “Kannie Warrie” te vier en die boodskap van ligtheid en sorgeloosheid uit te leef. Die musiekvideo is ook beskikbaar en ons moedig elke luisteraar om n bietjie genot te gaan vind en te sê ‘Ek kannie warrie nie’.

Geniet die enkelsnit op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/andriettemusiek

SOSIALE MEDIA – ANDRIËTTE

Instagram: https://www.instagram.com/andriette.norman.official/

TikTok: https://www.tiktok.com/@andriette_norman

Facebook: https://www.facebook.com/andrietteevent

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Logo

Description automatically generated

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za 

Shopping Cart
Send this to a friend