Daar is onlangs in die media na dié twee as ‘n fenomene verwys, ‘n duo waarvan die genre nie werklik beskryf kan word nie en iets totaal vars vir die Suid-Afrikaanse musiek landskap. Hulle gehore strek letterlik deur elke ouderdomsgroep en gehoorlede beskryf RAAF as ‘n moet-sien en ‘n lewensveranderende musiekervaring. Een gehoorlid verwys soos volg na ‘n RAAF vertoning: “Daar was…regte magic…jy’s dit aan jouself verskuldig om ten minste een keer in jou lewe ‘n RAAF show by te woon”.
Dis ruk en rol, dis hard, teer, dit los jou geïnspireerd, dis die toekoms van Afrikaans. “RAAF is ‘n prag talent waarop ons met reg trots kan wees”, skryf ‘n ander gehoorlid op sosiale media na aanleiding van ‘n vertoning wat hulle bygewoon het. Esté en Lourens reageer nederig op hierdie stellings met “Ons doen maar net wat ons doen en ons is dankbaar dat mense daarvan hou…
Die nuwe musiek is hier:
Jare gelede het musikante hulle tyd gevat om hulle musiek in meesterstukke te omskep en dit met sorg aan hulle volgers te oorhandig – ons wou weer voel hoe dit gevoel het” sê Lourens Raaf. “Dis al omtrent drie jaar wat ons skryf en werk aan hierdie album en ons voel dit is ‘n samesnoering van alles wat ons was, is en wat ons geword het. Ons opwinding om dit aan die wêreld te gee sodat elkeen dit hulle eie kan maak, is oorweldigend” voeg Esté by.
Die album titel PREDIKER is geïnspireer deur ‘n interaksie wat die duo in Januarie 2020 met ‘n man in Nashville gehad het. Op pad uit ‘n kroeg uit, het dié man hulle voorgekeer en gesê hulle lyk vir hom anders, waarop hulle toe geantwoord het dat hulle van Afrika kom. Net daar en dan omhels hy hulle toe met die woorde “I’ve never hugged people from Africa before…”. Nadat hulle sy aanbod tot ‘n drankie van die hand gewys het, hulle was op pad na ‘n volgende venue om dié stad se musiektoneel verder to ontdek, vra hy toe of hy vir hulle kan bid. Die paartjie beskryf dit as ‘n “lukrake, obskure ervaring. ‘n Oom met ‘n dik Amerikaanse aksent bid vir ons in ‘n kroeg in Nashville.” Hy het hulle ook met dié gedagte nagelaat: “Maak nie saak wat gebeur nie, kies die liefde”. By die deur sê die bouncer glo “you guys are lucky, that’s the local preacher man…”. Min het hulle geweet dat kort nadat hulle weer in Suid-Afrika sou land, die pandemie die wêreld sou tref en die vermaaklikheidsbedryf vir byna drie jaar tot sy knieë sou bring.
“Ons het in daardie eerste paar maande van inperking terug gedink aan die prediker oom en sy woorde en ons het begin skryf…Sal ons ooit Nashville se preacher man kan opspoor om vir hom te vertel hoe hy twee kinders van Afrika geïnspireer het?” wonder Esté en Lourens. Die titel van die album (en ook een van die enkelsnitte wat daarop verskyn) is dus ‘n huldeblyk aan lewensveranderende ervaringe wat dikwels op die mees onverwagse momente op jou pad verskyn..
Die album PREDIKER bestaan uit 16 oorspronklike Afrikaanse liedjies wat Vrydag na Vrydag vrygestel gaan word. Die eerste enkelsnit Vrygelatenes het op 9 Junie 2023 die lig gesien en die volle album sal teen 1 Desember vrygestel wees. Die ander enkelsnitte wat reeds beskikbaar is, is Paternoster, As en Stof, Oos Wes Tuis Bes, Sewe Somers, Ek speel Met Vuur Vir Jou, Is Ons Al Daar, Klankdig, Jonk en Verlore en Ek Wou Nog Elke enkelsnit het ook sy eie ontwerp wat pas by die inhoud van die liedjie.
Die foto’s is geneem deur Riehan Bakkes en die kunswerke geskep deur RAAF en MJ du Preez van Donker M’ies.
Meer oor RAAF
In 2020 het RAAF, toe nog bekend as Bottomless Coffee Band, tien jaar van groei en ontwikkeling in die musiekindustrie gevier. Hulle het in 2010 as twee jong studente aan die Universiteit van Stellenbosch ontmoet. Ten spyte van hoe hulle gegroei en ontwikkel het in terme van voorkoms en genre, bly hulle getrou aan hul visie om opregte musiek te skep en met hul skatkis van instrumente vermaaklike konserte aan te bied. Deur hul musiek bring hul visie skoonheid, passie en inspirasie aan ander om hulle. Dít is duidelik sigbaar in die reaksie van bekoorde gehore regoor Afrika en Europa waar hulle beskou word as een van Suid-Afrika se mees unieke en opwindende musiekervarings.
Herkoms en erfenis is vir Esté en Lourens baie belangrik. Ondersoek in die aanlanding van die eerste Rabé’s in Suid-Afrika, het gelei tot die ontdekking van die familienaam se oorsprong en die betekenis daarvan. Rabé beteken raaf. Hulle het besef dat die betekenis van hulle familienaam eintlik hulle reis en loopbaan baie akkuraat opsom: die raaf is deel van die sangvoël familie, kies een maat vir ‘n leeftyd en is ‘n boodskapper. Die pandemie se reperkussies en die lewenslesse wat dit ingehou het, was soos ‘n hergeboorte vir die musiek-duo waaruit hulle naamsverandering vanaf Bottomless Coffee Band na RAAF in 2022 gevloei het.
Geniet die enkelsnit en musiekvideo op die platform van jou keuse –
SOSIALE MEDIA – ADAM
Instagram:
PUBLISITEIT & BEMARKING:
Vonk Musiek
Kyra Grobler
Sel: 072 107 0069
E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf:www.vonkmusiek.co.za