

RUDI KLEINGELD WYS ONS: OOMBLIKKE WORD GEMAAK IN HARMONIE
JAN RHAAP SE NUWE LIED – 'LÊ MY NEER IN DIE VELD' IS PURE PLAAS LIEFDE
Jessica" brand ná 17 jaar nog steeds warm in Ray Dylan se hart!
GIFT MATJILA: 'EK WONDER' EN DIE REIS VAN 'N SANGER MET 'N BOODSKAP
ADAM KOOK IN DIE KOMBUIS MET NUWE TREFFER
"Mari Bosman Keer Terug Met ‘n Hartroerende Ballade – ‘Iets Goed’"
HENDRÉ BAARD SE 'SONSKYN VROU' – 'N LIED VAN VERLORE LIEFDE EN ONUITGESPROKE VERLANGE
Neil Nachtrein neem luisteraars op ‘n nostalgiese reis met “Altyd Jonk”
In 1999 het die twee broers, James en André, begin saamsing. Aan die begin was dit bloot sommer net vir die plesier. Deur die jare het dinge gevorder totdat hul in 2010 hul eerste album, Dankie Groep Twee, opgeneem het as huldeblyk aan Groep 2. Nog 2 albums volg Volmaakte Klanke in 2012 en Mallemeule in 2016 wat meer oorspronklike musiek bevat. Die broer-duo se klanke is kenmerkend akoesties met ‘n country-en-blue grass inslag.
Die melodieë word saamgestel met James op eerste stem en André op harmonie. James speel ook akoestiese kitaar en André baskitaar.
Die heel nuutste enkelsnit, Pantoffel Rampokker, is opgeneem en vervaardig deur Andrew Roos. Hy het ook die tromboon en klawerwerk gedoen vir die enkelsnit. Tromme is gedoen deur Vinnie Henrico en elektriese kitaar deur Johan Rautenbach. Die liefdeslied is geskryf deur James nadat André met die idee vorendag gekom het om hul twee gunsteling Afrikaanse woorde te gebruik in ‘n enkelsnit en darem is die title Pantoffel Rampokker, dié twee broers se gunsteling Afrikaanse woorde.
Die enkelsnit sal binnekort beskikbaar wees op alle digitale platvorms soos Spotify, Deezer, Apple Music en iTunes.