DIS WEER TYD!
Ek deel graag met julle die Droom-kompetisie, waarmee ons NOG iemand se droom wil waar maak. Hierdié kompetisie bied een sanger/kunstenaar/groep die geleentheid om hul droom af te vier met ‘n wenprys ter waarde van meer as R100 000!
Die prys sal die volgende insluit:
• ’n Unieke liedjie geskryf deur William Wolf en sy skryfspan.
• Opname en vervaardiging van die enkelsnit by CoolerBox Studios.
• ’n Musiekvideo
• ’n volle Publisiteitsveldtog (Media, Radio & Sosiale Media)
• Enkelsnit omslagontwerp
• ‘n Fotosessie
• 3 maande se bemarkings op die enkelsnit insluit
• Verspreiding na Digitale Platforms met Curator Playlist Pitching na Spotify en Apple Music vir speellyste soos Afrikaanse Treffers, Nuwe Afrikaans, Afrikaanse Hits, Diep Afrikaans, Cool Afrikaans, Alternatiewe Afrikaans en meer.
Wat meer het jy nodig?
Omdat ek weet hoe uitdagend dit kan wees om jouself as kunstenaar in die musiekindustrie te vestig, wil ek en my span dit graag makliker maak vir ‘n opkomende kunstenaar. Enige kunstenaar, sanger, artist, band, groep, koor, ensemble, wanabe, professional, amateur of whatever jy jouself wil noem, kan hiervoor inskryf.
Kompetisie datums:
Die kompetisie is amptelik oop vanaf 23 Augustus 2024 en die sluitingsdatum is 25 September 2024 om 24:00. Die top 3 sal op die 4de Oktober aangekondig word.
Beoordeelaars:
Bekende persoonlikhede in die vermaaklikheidsindustrie soos Heidi Edeling, Arno Greeff, Danny Painter, Carmen Basson en Vonk Musiek plate-baas Kobie Koen sal beoordelaars wees en seker maak dat ‘n gelukkige wenner ook ‘n droom kan uitleef. Meer inligting op William Wolf en Vonk Musiek se sosiale media.
Hoe skryf jy in?
1. Laai jou eie weergawe van Wiilliam Wolf se “Middernag” op die Google Drive link hier.
2. Laai jou weergawe van “Middernag” op sosiale media (FB, Insta of TikTok), tag Vonk Musiek en William Wolf en gebruik die #Droomdag4 in jou post beskrywing.
Bates om jou te help:
Sien asb hieronder die back tracks van William Wolf se Middernag in die oorspronklike sleutel asook een sleutel laer en een sleutel hoër as die oorspronklike lied om verskillende sangstyle en vokale omvang te akkommodeer.