Vonk Musiek

NUUS

DEON GROOT ROER HARTE MET ‘PLEK IN MY HART’ – ‘N EMOSIONELE HULDEBLYK AAN LIEFDE EN VERLANGE

Deon Groot, wat nog altyd ‘n spesiale plek in ons harte gehad het met sy treffers soos “Die Een”, “O Lyfie”, “Wyn”, “Bietjie Liedjie”, “Ek Sweer” en vele meer, is terug met ‘n hoendervleis mooi liedjie wat defnitief diep emosies by sy aanhangers sal ontlok. “Plek in my Hart” is ‘n persoonlike, hartroerende liedjie wat die verlange en hoop uitbeeld wat ontstaan wanneer ‘n mens van ‘n geliefde geskei is.

“Plek in my Hart” is vanuit die oogpunt van ‘n kunstenaar geskryf en is geïnspireer deur Deon se ervarings tydens ‘n toer na Kaapstad saam met sy vriend en produsent, Louwri. Terwyl hulle op pad was, het hulle die lirieke van hierdie liedjie geskryf, wat die gevoel van verlange en hoop vasvang wanneer ‘n mens altyd uit ‘n tas lewe en na jou geliefde verlang.

“In sak en as, lewe uit my tas, klere opgevou om dit mooi te hou” is ‘n enkele frase wat die emosie van die liedjie vasvang. Die koor se lirieke, “Is daar plek vir my…want daar’s plek in my hart vir jou”, verwoord die hoop dat daar altyd ‘n plek in die hart van ‘n geliefde sal wees.

Deon Groot beskryf die liedjie ook as ‘n huldeblyk aan die wyle Theuns Jordaan, wie se kitaarstyl en wysheid ‘n groot invloed op sy musiek gehad het. Deon het Theuns Jordaan in 2007 ontmoet by ‘n optrede in Hartbeespoort, waar Jordaan hom aangemoedig het om nooit op te gee nie en om hard te werk om sy drome te verwesenlik.

In 2018 het Deon sy droom bewaarheid toe hy op dieselfde verhoog as Jordaan opgetree het by ‘n groot fees in die Wes-Kaap. Die ontmoeting het ‘n blywende indruk op Deon gemaak, en “Plek in my Hart” is sy manier om dankie te sê vir die inspirasie en leiding wat Jordaan aan hom gegee het. Deon en Louwrens Bezhuidenhout het die musiekstyl ontwikkel om die gevoel van Jordaan se klank vas te vang, met sterk kitaarspel en melodieë wat huldeblyk bring aan die wyle sanger.

Deon Groot glo dat sterk lirieke en diep emosies dikwels in die musiekbedryf vergete raak. Hy hoop dat “Plek in my Hart” luisteraars sal inspireer om hul eie prentjies te skilder terwyl hulle na die liedjie luister en die verlange en hoop in hul eie lewens sal ervaar.

“Plek in my Hart” sal vanaf 7 Februarie 2025 op alle digitale platforms beskikbaar wees.

PUBLISITEIT & BEMARKING :

Vonk Musiek

Ashley Du Toit

Sel: 083 963 3055

E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za

 

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

E-pos: pr@vonkmusiek.co.za

 

PLATEMAATSKAPPY :

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160   

E-pos : francois@vonkmusiek.co.za

 

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

Shopping Cart
Send this to a friend