Suid-Afrika se bekroonde kunstenaar, Andriëtte, het haar nuwe enkelsnit Afrikaans Het Nie Brieke Nie op 22 November 2024 vrygestel op alle digitale platforms. Hierdie opwindende nuwe lied is ‘n viering van alles wat Afrikaanse kultuur en taal so uniek maak.
Afrikaans Het Nie Brieke Nie is die perfekte lied vir mense wat trots is op hulle taal en kultuur. Andriëtte vertel dat die liedjie ontstaan het uit haar eie liefde vir Afrikaans, met die idee om die oneindige moentlikhede van die taal en sy ryk kultuur te vier. “Ek is Afrikaans, en ek het ‘n passie vir my taal. Ek wil daardie trots en energie met ander deel,” sê sy. Die lied is bedoel om mense op te hef, hulle te laat dans, lekker te braai, en eenvoudig weer te herinner aan die wonder van Afrikaans wees.
Die lied is geselskap van die legendariese liedjieskrywer en produsent Emil Struwig, wat saam met Andriëtte aan die skryf van die snit gewerk het. “Ek het vir Emil paar idees en lirieke gegee, en hy het die musiek gebou,” vertel Andriëtte. “Saam het ons die liedjie geskaaf totdat dit die perfekte klank gekry het.” Die lied het ‘n lekker country invloed, iets wat Andriëtte vroeër al gereeld van haar aanhangers gehoor het. “Country is groot nou, en ek wou daardie element insluit. Almal vra al lank wanneer ek die genre in my musiek gaan inbring, en ek is bly ek het die kans gekry.”
Die lied reflekteer Andriëtte se eie groei as kunstenaar en persoon. “Ek is op ‘n punt waar ek nie meer bekommerd is oor opinies nie. Ek wil net musiek maak wat vir mense regtig iets beteken,” sê sy. En dit is duidelik in die vrolike en aansteeklike toon van Afrikaans Het Nie Brieke Nie. Die lied is nie net bedoel om mense te laat dans nie, maar ook om daardie trots vir Afrikaans in mense se harte te hernu. “Ek wil hê mense moet luister en voel: Afrikaans het nie brieke nie. Dit moet hulle voete laat jeuk en hulle harte vul met trots,” voeg sy by.
Met die einde van die jaar in sig, is Andriëtte opgewonde om hierdie lied as ‘n geskenk vir haar aanhangers te deel. “Ek wil hê almal moet lekker gaan vakansie hou met hierdie lied, en die nuwe jaar bring baie nuwe musiek – Andriëtte het nie brieke nie!” sê sy met ‘n glimlag.
Volg Andriëtte op haar musiekreis en geniet Afrikaans Het Nie Brieke Nie wat op alle digitale platforms beskikbaar is.
Geniet die enkelsnit op die platform van jou keuse – https://vyd.co/AfrikaansHetNieBriekeNie