Bloumoord, ook bekend as die ‘’rock band’’ van die ‘’East Rand’’ het pas hul nuwe enkelsnit, ‘’Jonk Bly’’ bekend gestel. ‘’Jonk Bly’’ is ‘n alternatiew rock-snit waardeur Bloumoord luisteraars herinner dat ouderdom nie saak maak nie en dat om jonk of jonk van gees te bly ‘n keuse is.
Bloumoord wat bestaan uit broers Tiaan, Martin en Trevor Enslin asook Pedré Lamprecht en Reinier Hattingh het al reeds ‘n paar enkelsnitte bekendgestel met onder andere “Jy moet net jouself wees’’ en ‘’Hey Jy’’ wat uiters goed gevaar het op digitale platforms.
‘’Hey jy, is ‘n song wat goed resoneer met mense. Ek dink mense moet nog gewoond raak aan Bloumoord, omdat ons nogal uitgesproke is. Ons is nie bang om enige iets te doen of te sê nie. Dis iets waaraan on sook nog gewoond moet raak want ons het nou hierdie platform om ons boodskap daar buite te kry, maar dit is wat ons aan die gang hou,’’ het voorsanger Tiaan Enslin verduidelik.
Volgens die band se lede staan Bloumoord vir Liefde en vrede en met ‘’Jonk bly’’ wou hulle ‘n duidelike en positiewe boodskap oordra. ‘’Ek wou ‘n liedjie skryf wat heeltemal die van die idee ontbreek van ons is depressed, ons is hartseer en alles pla ons want dit is waaroor almal skryf in alternatiewe musiek en veral in Afrikaans. Dit is nie waarvoor Bloumoord staan nie. Bloumoord staan vir iets groter,’’het Tiaan verduidelik.
Tiaan het eendag op sy kitaar rond gespeel en die akkoorde uitgewerk, maar dit was eers later, terwyl hy in die bad gelê het, toe die inspirasie hom getref het. ‘’Ek het in die bad gelê en gedink aan hoe almal altyd se hulle wens hulle kan die tyd terug draai en voel hoe hulle gevoel het toe hulle jonk was, maar dis net ‘n gevoel en ‘n gevoel gebeur wanner jy besluit dit gebeur, so die lirieke is iets waar volgens ek my lewe leef en ek hoop as ander mense dit luister dat hulle ook sal besluit om verewig jonk te bly,’’ het hy vertel.
Die res van Bloumoord se lede het ook dadelik geweet dat ‘’Jonk bly’’ ‘n belangrike boodskap oordra. ‘’ Die eerste keer wat ek Jonk Bly gehoor het het ek gevoel dis ‘n kreet, wat sê ek gaan Jonk Bly maak nie saak wat nie, maak nie saak hoe oud ek word nie ek gaan jonk bly,’’ het baskitaar-speler Trevor Enslin verduidelik.
‘’Jonk Bly’’ se lirieke is duidelik en kom tot die punt, maar met die produksie van die lied het Bloumoord ‘n bietjie ge-eksperimenteer. Die lied se klank is ritmies en melodies en die tromstuk is geskryf om ‘n hartklop te emuleer. ‘’Dit is soos wanneer jy deur ‘n veld hardloop en die adrenalien pomp deur jou are en die dopamine deur jou brein hardloop,’’ het Tiaan gedeel. ‘’Die kitare se energie laat alles vorentoe beweeg en gee die gevoel van ‘n trein wat vinniger en vinniger beweeg en vir niks gaan stop nie.’’
Hoewel Bloumoord bekend is vir effens harder musiek is ‘’Jonk Bly’’ nie eksklusief vir ‘’jongmense’’ bedoel nie. ‘’Jong mense is nie noodwendig negentien of agtien nie. ‘n Jongmens kan fyvtig of tagtig wees. Dit hang af van jou mindset. Die hele doel van die liedjie is om vir mense te herinner dat oud word ‘n keuse is. Ouderdom is net ‘n nommer, maar wat jy doen en wat jy sê is wat jou jonk maak en jou laat jonk bly. Bestaan daar regtig ‘n ding soos oud word as jy nie weet wanner jou dag kom nie?’’ het hulle gevra.
Die jongste lid van Bloumoord is die hul 19 jarige tromspeler, Martin Enslin en as jy hom vra hoe ‘n mensh om vra hoe jy verewig kan jonk bly is sy antwoord eenvoudig: ‘’Jy moet die regte Hubbly flavour rook.’’
Op ‘n ernstiger noot het Tiaan verduidelik: ‘’Jy moet eerlik wees met jouself, met die mense om jou en seker maak dat jy tevrede is met alles wat jy doen. Doen wat jy moet doen, doen dit gou. Want jy het nie waarborg dat jy more hier is nie. So hoekom wil jy wat moontlik jou laaste dag is spandeer deur oud te voel?’’
As nuwelinge in die musiekbedryf besef die manne dat dit nog ‘n lang pad is wat hulle gaan moet stap en daar nog baie harde werk op hulle wag, maar hulle is uiters opgewonde oor wat vir Bloumoord voorlê. ‘’As mense wat wat oornag besluit het om ‘’rock en roll’’ te maak was dit baie anders, want jy dink jy gaan net in spring en dinge gaan gebeur, maar dit verg nogal baie harde werk. Daar is baie dink werk en baie beplanning en ons fokus nou daar op on nog musiek te skryf. Ons gaan nie stop tot dat almal Bloumoord skreeu nie,’’ het hulle afgesluit.
Jonk Bly is nou beskikbaar op alle digitale platforms.
.