Vonk Musiek

NUUS

CHRISTIAAN BAARTMAN BESING VERLORE LIEFDE EN DIE KRAG VAN HEIMWEE MET “DIE OU KAMPVUUR”

Die geliefde musiekkunstenaar Christiaan Baartman stel sy jongste enkelsnit vry, “Die Ou Kampvuur”, 23 Augustus 2024 op alle digitale platforms  – ’n roerende lied wat die diep spore van verlore liefde en die onvermydelike heimwee na die verlede verken.

“Die Ou Kampvuur” is oorspronklik geskryf op versoek om ‘n lied te skryf vir ‘n houtskool maatskappy, maar toe Christiaan aan die lied begin werk, het dit in iets veel dieper ontwikkel. “Mens moet skryf as die gevoelens praat,” sê Baartman. Die lied is geïnspireer deur sy herinneringe aan ’n besonderse jong dame vir wie hy lief was gedurende sy skooljare. Hierdie dame het sendingswerk in die Laeveld gedoen, maar haar lewe is tragies kortgeknip toe die voertuig waarin sy gereis het, verongeluk het. Nou, meer as 20 jaar later, bly die herinneringe van haar steeds by Baartman.

“Soms is die lewe swaar, en jy dink terug aan diegene wat dit ligter gemaak het. Die wêreld is ’n bietjie dowwer sonder haar, maar ek weet die hemel skyn helderder as gevolg van haar,” sê Baartman. “Die Ou Kampvuur” is ‘n ode aan die mense wat ons verloor het, maar wat steeds, selfs na dekades, ‘n blywende invloed op ons lewe het.  

Hierdie is Baartman se een-en-twintigste enkelsnit in die afgelope vyf jaar. Dit volg op die sukses van sy weergawe van “Maybe My Baby, wat groot impak gemaak het op stroomings platforms. Baartman, wat bekend is vir sy prominente plek op die country-treffersparade, is dankbaar om sy musiek met die wêreld te kan deel. Hy het die lied self vervaardig en alle klankversorging behartig om die ware boodskap van die lied op sy eie manier oor te dra.

Tans is Christiaan besig met sy deeltydse studies in sielkunde, en wanneer hy nie besig is met opnames of optredes nie, werk hy aan nuwe musiekprojekte. Een van sy opwindendste toekomstige vrystellings is ‘n Engelse country-lied wat hy saam met Pedro Barbosa skryf. Sy passie vir musiek bly aansteeklik, en hy verras sy aanhangers gereeld met onverwagte vrystellings.

Na twee dekades in die musiekbedryf, spog Baartman met prestasies soos ‘n Ghoema-toekenning, ‘n Tempo-toekenning vir Beste Liedjieskrywer, en deelname aan Idols en The Voice. Hy het verskeie enkelsnitte geskryf vir van die grootste name in die bedryf en is bekend vir sy energieke verhoogoptredes.

“Die Ou Kampvuur” is ‘n meesterstuk, gekroon met die betowerende bekfluitspel van Peter Hoven, Rixi Roman op baskitaar, Jason Moser op dromme, en die befaamde Joshua Oosthuizen op elektriese kitaar. “Hierdie lied laat my weer terugdink aan grootmeesters soos Lukas Maree, Jannie du Toit, en Coenie de Villiers. Ek hoop opreg dat dié wat daarna luister, die hart en siel daarvan sal voel,” sluit Christiaan af.

Besoek jou gunsteling digitale musiekplatform op 23 Augustus 2024 om na “Die Ou Kampvuur” te luister en die hartroerende reis saam met Christiaan te beleef.

“Ons almal het die een persoon wat ons aan die dood afgestaan het. En so an en wan kom kuier daardie persoon weer in jou hart. “

Gaan luister gerus die lied by hierdie skakel. https://vyd.co/DieOuKampvuur 

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

E-pos: pr@vonk.co.za 

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za 

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

Shopping Cart
Send this to a friend