14 Februarie is ‘n datum wat dikwels mense se harte laat sink tot in hul skoene – ‘n dag waarop baie probeer om ‘hartchirurgie’ te doen op ‘n dooie verhouding, hopende vir iets wat lankal nie meer daar is nie. Christiaan Baartman se nuwe lied, “As Hy Vir Jou Nog Lief Was”, is vir al die mense wat steeds hoop klou aan iets wat al vergaan het.
“As Hy Vir Jou Nog Lief Was” is jou ‘wake-up call’
Die lied, wat geïnspireer is deur Baartman se persoonlike ervarings met verhoudings wat of toksies is of eenvoudig nie meer bestaan nie, neem die luisteraar op ‘n reis van selfontdekking. Baartman, ‘n bekende ‘hopeless romantic’, het dikwels probeer om verhoudings wat reeds vergaan het, te red. Hy het egter geleer dat wanneer die ander persoon nie meer daar is nie, nie meer moeite doen nie, en nie meer liefde gee nie, dit klaar is – en jy moet eenvoudig verder beweeg. “Soms soek jy net iemand om vas te hou, en gee nie om oor die toksiese implikasies daarvan nie,” sê hy. Maar op sy pad van seergemaakte hart en leer het Baartman tot die besef gekom: “Daar’s iemand nuut, daar’s iemand mooi vir jou gemaak.” Dit is die tyd om los te laat van dit wat agter is en te aanvaar wat die toekoms vir jou inhou.
Baartman het die lied oorspronklik in 2012 vrygestel, maar na jare van nadenke het hy besef dat die boodskap steeds so relevant is as wat dit was, en daarom wil hy die lied ‘n tweede lewe gee. In hierdie heruitgawe het hy nie net die produksie geperfectioneer nie, maar ook die lirieke effens geskaaf om die gevoel en die boodskap nog duideliker oor te dra. “Ons leer soos ons ouer word, soos ons meer swaarkry omskakel in geluk,” sê Baartman. “Ons moet leer om te laat gaan – nie net in liefde nie, maar ook in ons persoonlike verhoudings en werksomstandighede. Ons mis uit op soveel geluk wanneer ons vashou aan die verlede.”
Met hierdie lied bring Baartman sy 23ste enkelsnit uit in net vyf jaar, wat bevestig hoe produktief hy in die musiekbedryf is. Die lied is deur homself vervaardig in sy eie ateljee, Bearded Man Studios, in samewerking met talentvolle musikante, waaronder Jason Moser op tromme, Andrew Roman “Rixy” op baskitaar, en Joshua Oosthuizen van ORIISON Studios op bykomende kitare en klankversorging. Baartman het sy voetspore al dieper in die musiekbedryf getrap, en dit blyk uit in die meer hoë-slaankrag treffers wat hy deesdae vervaardig. Hierdie lied beloof ook om luisteraars te verras met sy vars benadering.
Baartman is altyd besig met nuwe musiek en daar is groot planne vir 2025, veral vir die 100-jaar-herdenking van Afrikaans. Een van sy projekte is ‘n visvang-EP wat gemik is op die manne wat hou van die seebries in hul neusgate en ‘n stywe lyne voor hulle. “Ons kan nie alles nog verklap nie, maar ek kan sê daar gaan baie musiek uit my pen kom in 2025, en ek is kinderlik opgewonde om aan al hierdie projekte te werk,” voeg Baartman by.
2025 sal ook merk die 20ste bestaansjaar van Baartman in die Afrikaanse musiekbedryf. Met ‘n indrukwekkende aantal toekennings en baie hoogtepunte, is Baartman vasberade om nog vir vele jare die Afrikaanse musiekliefhebbers te vermaak met sy talent en skryfvernuf.
Baartman sluit af met die volgende woorde: “’n Alleen lewe is vir baie min bedoel. Maar ’n hartseer verhouding is vir niemand bedoel nie. Vind jou geluk.”
AS HY VIR JOU NOG LIEF WAS is op 14 Februarie 2025 beskikbaar op alle digitale platforms

PUBLISITEIT & BEMARKING :
Vonk Musiek
Ashley Du Toit
Sel: 083 963 3055
E-pos: ashley@vonkmusiek.co.za
Kyra Grobler
Sel: 072 107 0069
E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za
E-pos: pr@vonkmusiek.co.za
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel : 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos : francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf: www.vonkmusiek.co.za