Vonk Musiek

NUUS

JAN RHAAP SE NUUTSTE ALBUM “GOOI HOM”: ‘N NUWE HOOFSTUK IN SY MUSIEKLOOPBAAN:

Met groot opgewondenheid stel Jan Rhaap sy sesde studio-album, “Gooi Hom”, bekend. Hierdie album, wat ses dinamiese snitte bevat, neem luisteraars op ‘n reis deur die verskillende ervarings en emosies wat Jan se lewe die afgelope tyd gevorm het. Die snitte op die album sluit in “Who’s Bang, Wie’s Bang?”, “Date Night Op Die Stoep”, “Gooi Hom”, “Sê My Nou”, “Wildman”, en “Plaaskind”. Drie van hierdie liedjies, naamlik “Gooi Hom”, “Wildman” en “Plaaskind”, is vroeër vanjaar reeds as enkelsnitte vrygestel.

Volgens Jan is elke album wat hy skryf, ‘n nuwe hoofstuk in sy lewe. “Soos ek ouer word, sien en beleef ek die lewe anders, en dit kom natuurlik deur in my musiek,” sê hy. Hierdie album is geen uitsondering nie, en dit is duidelik dat Jan se lewenservaring en groei as kunstenaar sterk deurskemer in “Gooi Hom”.

Die skeppingsproses van hierdie album was ‘n mengsel van solo en gesamentlike kreatiwiteit. “Dis my sesde album wat ek vrystel en soos met al die vorige albums, is ek baie opgewonde om nuwe musiek met mense te kan deel. Ek het drie van die liedjies alleen geskryf en drie van die liedjies saam met Loki Rothman geskryf,” verduidelik Jan.

Jan benader sy musiek sonder die bedoeling om ‘n spesifieke boodskap oor te dra, maar eerder as ‘n weerspieëling van sy lewe op daardie spesifieke stadium. “Ek dink nie ek skryf of neem ‘n album op met die idee dat daar ‘n spesifieke boodskap moet wees nie. Elke album is net ‘n weerspieëling van my lewe op daardie spesifieke stadium,” sê hy.

Wanneer gevra oor sy gunsteling liedjies op die album, noem Jan dat “Plaaskind” baie naby aan sy hart is omdat sy kinders hom geïnspireer het. Op die verhoog geniet hy veral “Who’s Bang, Wie’s Bang?” wat virseker ‘n treffer gaan wees by sy optredes.

Met “Gooi Hom” nooi Jan Rhaap sy luisteraars om saam met hom op ‘n nuwe musiekreis te gaan, gevul met emosie, ervaring en vermaak. Die album is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Maak seker jy mis nie hierdie indrukwekkende toevoeging tot Jan se musiekportefeulje nie.

Geniet die enkelsnit en musiekvideo op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/janrhaap

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

E-pos: pr@vonk.co.za 

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za 

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

Shopping Cart
Send this to a friend