

Zoé ry die "Golwe" van Selfontdekking in Haar Nuutste enkelsnit
VONK MUSIEK VEREER KUNSTENAARS TYDENS GLANSGELEENTHEID BY DIEMERSFONTEIN WINE AND COUNTRY ESTATE
AMPIE SE EMOSIONELE REIS DEUR VERRAAD EN OORWINNING
Pieter Marcato bring ‘n ode aan ware liefde met nuwe enkelsnit, ‘Sy’
Christiaan Baartman se Nuwe Lied Gee 'n Wake-Up Call vir Verhoudings wat Vergaan het – "As Hy Vir Jou Nog Lief Was
DEON GROOT ROER HARTE MET 'PLEK IN MY HART' – 'N EMOSIONELE HULDEBLYK AAN LIEFDE EN VERLANGE
‘N NUWE STEM, ‘N KRAGTIGE BOODSKAP – RHONA VAN NIEKERK LAAT HOENDERVLEIS AGTER MET DUBUUTLIED “LEEF JOU REDE!”
STEPHAN VISAGIE SE NUWE ENKELSNIT, “SOEKERS”, BRING HOOP AAN VERLORE HARTE:
Die Suid-Afrikaanse rock groep, Millennium, bestaande uit die dinamiese broers Hendré en Morné Baard, het op 27 September 2024 hulle jongste enkelsnit, “Onbeskof”, op alle digitale platforms vrygestel. Hierdie liedjie is propvol rou rock-energie en beloof om jou luidsprekers behoorlik aan die brand te steek.
Hendré Baard, die hoof-sanger en kitaarspeler, verduidelik dat die inspirasie vir “Onbeskof” gekom het van ’n ontmoeting met ’n vrou wat hom een aand in ’n kuierplek geprikkel en uitgedaag het. Dit het die tema vir die liedjie aangevuur, maar, in Hendré se eie woorde: “Die liedjie
Die liedjie dra geen diep boodskap nie—Millennium se doel was eenvoudig: om mense te laat uitjam en lekker te rock. Met sy aansteeklike ritme en kragtige klank, is “Onbeskof” perfek vir diegene wat hulself wil verloor in die energie van rockmusiek.
Millennium het ook ’n musiekvideo vir die enkelsnit geskiet by ’n padstal in Pretoria, waar die talentvolle Natasha Ras ‘n verskyning gemaak het. Die video is die 27ste September 2024 beskikbaar op YouTube, en aanhangers word uitgenooi om dit te gaan kyk vir ’n visuele ervaring wat net soveel houding het soos die liedjie self.
Met opwindende shows op die horison, sal Millennium se nuwe musiek beslis vir nóg elektrisiteit op die verhoog sorg. Maak seker jy laai “Onbeskof” af, luister dit voluit, en gaan kyk na die video—hierdie een gaan groot wees!
PUBLISITEIT & BEMARKING:
Vonk Musiek
Kyra Grobler
Sel: 072 107 0069
E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za
E-pos: pr@vonk.co.za
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf: www.vonkmusiek.co.za