Vonk Musiek

NUUS

MUSIKALE REIS DEUR EMOSIE: JACQUES DU PLESSIS SE ‘VIER’ EP GIET GEVOELENS IN KLANK

Jacques Du Plessis, ‘n talentvolle en veelsydige musikant, het sy nuutste EP, “Vier”, op Vrydag, 3 November 2023 op alle digitale platforms vry te stel. Hierdie EP, wat bestaan uit vier liedjies, beloof om luisteraars op ‘n reis te neem deur ‘n verskeidenheid emosies en verhale.

Die inspirasie vir “Vier” kom van die eenvoudige feit dat die EP vier liedjies bevat. Jacques het persoonlik die titel gekies om die eenvoud en direktheid van die projek te weerspieël. Die liedjies op die EP sluit in “Water”, “Gewag”, “Strate”, en ‘n duet met Kristen Raath, “Rou”.

Jacques het sy perspektief oor die liedjies op “Vier” gedeel. Hy het gesê dat drie van die liedjies, naamlik “Gewag”, “Strate”, en “Rou”, hom baie na aan die hart lê omdat dit verhale is wat hy nie sou kon oordra as dit nie vir musiek was nie. Hierdie liedjies is ‘n uitdrukking van sy emosies, stories en diep gevoelens. “Water” is ‘n ligte en genotvolle liedjie wat ‘n idee van ‘n ‘meme’ bevat, wat gaan oor ‘n bekende onderhoud met ‘’n oom in Nederland. ‘Water’ weerspieël ook die energie en atmosfeer wat Jacques gewoonlik by elke vertoning en kuier ervaar.

Die proses om die liedjies op “Vier” te skryf, was ‘n betekenisvolle en emosionele reis vir Jacques. Hy het diep in sy hart en siel gegrond om die verhale en gevoelens wat hy wou oordra, te vind. Die duet “Rou” handel oor die belangrikheid van eerlikheid en openheid in verhoudings. “Gewag” is ‘n liedjie wat vrae stel oor die soeke na vervulling en die losmaak van pyn en hartseer. “Strate” is ‘n liedjie wat Jacques nie te veel wil verduidelik nie, maar eerder hoop dat elke luisteraar hulle eie betekenis daaruit kan put en “Water” is ‘n eenvoudige en vrolike liedjie wat nie te veel oorpeinsing vereis nie.

Die boodskap wat Jacques graag aan die publiek wil oordra deur middel van “Vier” is dat musiek tydloos is en dat elke liedjie iets kan beteken vir iemand, hetsy nou of oor 20 jaar. Die EP bied ‘n verskeidenheid emosies en temas, van ernstig en diep tot lekker kuier en geniet. Jacques hoop dat daar iets in die vier liedjies is wat elke luisteraar sal aanspreek en dat die EP ‘n betekenisvolle impak sal hê op diegene wat daarna luister.

“Vier” is ‘n bewys van Jacques Du Plessis se kreatiwiteit, innoverende denke en diep emosionele verbintenis met sy musiek. Die EP is ‘n uitnodiging aan almal om deel te wees van hierdie musikale reis en om die stories en gevoelens wat daarin vervat is, te ontdek.

SOSIALE MEDIA – JACQUES DU PLESSIS

Facebook: https://www.facebook.com/JacquesDuPlessisOfficial

TikTok: https://www.tiktok.com/@jacquesduplessis35

Instagram: https://www.instagram.com/p/CsgV9LloZsi/

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Logo

Description automatically generated

Vonk Musiek

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za 

Shopping Cart
Send this to a friend