Vonk Musiek

NUUS

NICHOLIS LOUW HERDENK 20 JAAR VAN “MAIA HEE” MET ‘N VERNUWE WEERGAWE:

Suid-Afrika se geliefde kunstenaar, Nicholis Louw, kondig met groot opgewondenheid die vrystelling van sy nuutste enkelsnit, “Maia Hee 2024 (20 Jaar Herdenking)” aan. Hierdie nuwe weergawe is ‘n viering van die 20ste herdenking van sy ikoniese liedjie “Maia Hee”, wat oorspronklik in 2004 vrygestel is en groot sukses behaal het. Die enkelsnit is beskikbaar vanaf 26 Julie 2024 op alle digitale platforms.

Nicholis Louw het met passie en toewyding aan hierdie nuwe weergawe van “Maia Hee” gewerk. Hy verduidelik sy motivering: “Dis ‘n groot mylpaal in ‘n kunstenaar se loopbaan, en wat ‘n voorreg om so ‘n legendariese liedjie te kon doen, wat na 20 jaar nog so goed ontvang en ondersteun word! Na 20 jaar van uitvoer op die verhoog, voel ek dat ek baie gegroei het in my vertolking van Maia Hee, en het ek gevoel ek het iets nuuts om te offer. Vonk Musiek het my die geleentheid gegee om dit aan die publiek voor te lê, sodat die publiek hopelik vir nóg 20 jaar kan kuier en dans op hom!”

“Maia Hee” het ‘n deurslaggewende rol gespeel in Nicholis se loopbaan, aangesien dit hom gehelp het om aandag op homself as kunstenaar te vestig. Die oorspronklike liedjie, ‘n Afrikaanse weergawe van die Europese treffer, het met groot sukses in Suid-Afrika aanklank gevind en hom ‘n huishoudelike naam gemaak.

Vir hierdie nuwe weergawe het Nicholis die oorspronklike vervaardiger, Robin Kielly, weer genader, asook die musiekgroep Shine 4, wat ook op die oorspronklike snit te hoor was. Nicholis vertel: “Dit was ‘n groot voorreg om weer saam met die oorspronklike span te kon werk! Ek was hierdie keer baie meer betrokke by die vervaardiging en die rigting waarin ons die liedjie gestuur het. Ek het ook die kitare self gedoen. Hierdie projek is met groot sorg aangepak om te verseker dat die nuwe weergawe die publiek sal beïndruk en om te virseker dat die oorspronklike weergawe van “Maia Hee” nie totaal bederf sal word nie, maar dat dit eerder die liedjie sal eer”.

Die tegnologiese vooruitgang oor die afgelope 20 jaar, saam met Nicholis se groei as kunstenaar, het bygedra tot ‘n produk met verbeterde klankkwaliteit en ‘n vars vertolking. Die liedjie weerspieël die kreatiwiteit en nuwe idees wat oor twee dekades ontwikkel het.

Die nuwe weergawe van “Maia Hee” beloof om dieselfde energie en vreugde as die oorspronklike weergawe te bring, of selfs meer, met ‘n vars klank en nuwe elemente wat dit perfek maak vir die moderne musieklandskap. Ons nooi almal uit om hierdie viering van 20 jaar van musiek en herinneringe saam met Nicholis Louw te geniet.

Geniet die enkelsnit op die platform van jou keusehttps://linktr.ee/nicholislouw

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

E-pos: pr@vonk.co.za 

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za 

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

Shopping Cart
Send this to a friend