Na drie suksesvolle albums “Hamlet by Night”, “You & I” en “Van die os op die jas” is dit met groot vreugde dat ons die bekendstelling van Pietman Geldenhuys se 4de album “Vaal Sand” aankondig.
Alhoewel Pietman vir baie lank in sy loopbaan nie Afrikaanse liedjies uitgebring het nie, het hy na sy eerste Afrikaanse album, “Van die os op die jas”, waarvoor hy ook die gesogde Ghoema-toekenning vir liedjieskrywer van die jaar gewen het, meer in Afrikaans geskryf.
Die album sal op 12 Julie 2024 beskikbaar wees op alle digitale platforms. “Vaal Sand” bestaan uit ses liedjies wat die luisteraars op ‘n emosionele reis deur die Karoo neem.
Die inspirasie vir “Vaal Sand” het gedurende grendeltyd, tydens die COVID-19 pandemie, ontstaan toe Pietman baie tyd in die Tankwa Karoo deurgebring het. Die album weerspieël sy tyd daar, waar die vaal sand onder die oppervlak kleurvol en vol lewe is.
Die musiek op “Vaal Sand” dra ‘n spesiale betekenis vir Pietman. Hy is emosioneel verbind tot elke liriek, soos ‘n ouer aan ‘n kind, en hoop dat luisteraars die musiek sal geniet en hul eie emosionele verbintenis sal maak. Elke liedjie vertel ‘n storie wat op verskillende maniere deur luisteraars geïnterpreteer kan word. Met hierdie album wil Pietman ‘n eenvoudige boodskap oordra: Daar is ongekende skoonheid in die alledaagse eenvoud, en dit verg nét kyk om dit raak te sien.
“Mesmeraai” is een van die meer opgeruimde liedjies en ‘n ode aan die Karoo is. Hy het baie pret gehad om dit op te neem, want dis ‘n ode aan die Karoo. Vir hom is sy ‘n vrou met haar leikliptong wat sy uitstoot en ondankbare mense kan pootjie. Sy kan jou los dat jy sterf in haar skoot of sy kan jou veilig op die paadjies deur haar hart lei.
Die snitte op die album sluit in “Vaal Sand”, “Uitbars in Gesang”, “Sonder Meer” (‘n duet met Gian Groen) , “Somernagte”, “Sing Weer Saam Met My” en “Mesmeraai”. “Vaal Sand” word op 12 Julie 2024 vrygestel en sal beskikbaar wees op alle digitale platforms. Maak seker om die datum te merk en die album te luister vir ‘n musikale reis deur die Tankwa Karoo.
Geniet die enkelsnit op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/pietmangeldenhuys