

RUDI KLEINGELD WYS ONS: OOMBLIKKE WORD GEMAAK IN HARMONIE
JAN RHAAP SE NUWE LIED – 'LÊ MY NEER IN DIE VELD' IS PURE PLAAS LIEFDE
Jessica" brand ná 17 jaar nog steeds warm in Ray Dylan se hart!
GIFT MATJILA: 'EK WONDER' EN DIE REIS VAN 'N SANGER MET 'N BOODSKAP
ADAM KOOK IN DIE KOMBUIS MET NUWE TREFFER
"Mari Bosman Keer Terug Met ‘n Hartroerende Ballade – ‘Iets Goed’"
HENDRÉ BAARD SE 'SONSKYN VROU' – 'N LIED VAN VERLORE LIEFDE EN ONUITGESPROKE VERLANGE
Neil Nachtrein neem luisteraars op ‘n nostalgiese reis met “Altyd Jonk”
Die geliefde Suid-Afrikaanse musikante Riaan Grobler en Jomari het op 13 September 2024 hul nuutste enkelsnit, “Toe Val Ek Weer,” vrygestel. Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms en beloof om harte te raak én voete te laat beweeg.
“Toe Val Ek Weer” is ‘n ware verhaal wat die reis van ‘n paartjie vertel wat, ten spyte van die geraas van die wêreld, amper uitmekaar gedryf het, maar mekaar weer gevind het deur Geloof, Hoop en Liefde. Vir Riaan en Jomari is die lirieke baie persoonlik en dien dit as ‘n herinnering dat ware liefde die toets van tyd kan deurstaan as beloftes nagekom word. Die inspirerende tema resoneer nie net met hul aanhangers nie, maar ook met hul eie lewensreise.
Die kunstenaars verduidelik dat die liedjie ‘n diep persoonlike betekenis dra, maar ook ‘n tikkie humor het. “Toe Val Ek Weer” is nie net ‘n dans treffer nie, dit bring ook ‘n ligte, tong-in-die-kies benadering tot die kwessies van liefde. “Ek dink almal sal met die liedjie kan vereenselwig,” sê Riaan, “en natuurlik daarop wil dans.”
Hierdie enkelsnit is die derde vrystelling vanaf hul opkomende album wat binnekort die lig gaan sien. Die duo is opgewonde om hul aanhangers die volledige album te laat hoor, met musiek wat oud en jonk sal bekoor. “Jy gaan dans, nostalgies voel en ook lekker lag,” sê Jomari. Die album dra ‘n ou klank wat verfris is vir ‘n nuwe generasie, met iets vir elke luisteraar.
Maak seker om “Toe Val Ek Weer” nou te luister en deel te word van die reis wat Riaan en Jomari se musiek jou gaan neem.
PUBLISITEIT & BEMARKING:
Vonk Musiek
Kyra Grobler
Sel: 072 107 0069
E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za
E-pos: pr@vonk.co.za
PLATEMAATSKAPPY:
Vonk Musiek
Francois Roux
Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160
E-pos: francois@vonkmusiek.co.za
Webwerf: www.vonkmusiek.co.za