Purgatory is ‘n vars nuwe rock ballade wat jou laat terug verlang na die musiek van die laat 90’s.
The Stinging Rogers trek sterk sterk vergelykings met groepe soos Just Jinjer en Counting Crows, maar die groep wat bestaan uit beste vriende, Francois Roux en Storm Opperman lewer beslis iets oorspronklik op.
Purgatory volg op die bekendstelling van hul lied Borderline wat uiters goed ontvang is op radio stasies en selfs nommer een gehaal het op Radio Laeveld se treffer parade.
Framcois en Storm het ook besluit om die musiek bedryf van twee kante af te betree met twee projekte wat Parrallel loop. Hulle Speel as The Stinging Rogers vir die Engelse mark en het meer onlangs Vrede as ‘n Afrikaanse Projek geloods.
Vrede se debuut enkelsnit, Perspektief het met hul eerste week nommer een op Reputasie se Afrikaans Top 40 trefferparade behaal.
The Stinging Rogers se nuwe enkelsnit, Purgatory handel oor die idee dat dit kinders is wat kinders kry. ‘’Toe ek die lirieke, ‘When the air fills her lungs geskryf het, het ek geskry oor die geboorte van ‘n dogtertjie, ‘’ het Storm vertel. ‘’Die liedjie gaan oor hoe wat volgende gebeur alles in haar lewe gaan bepaal. Daar is ‘n groot verskil in wat dit beteken om met of sonder liefde groot te word end it het ‘n groot impak op die samelewing waar in ons vandag lewe.’’
Purgatory se lirieke is iets waarmee Storm homself kan vereenselwig. ‘’Ek het groot geword met ‘n ma wat liefde uitgestraal het. Dit is as of dit haar doel op aarde is om lief te hê en sy doen dit terwyl sy drie kinders groot maak. Aan die keer kant het ek groot geword met verskillende pa figure. Die een het sy eie pad gevolg en die ander het ek glad nie mee oor die weg gekom nie. Die lyn was heel duidelik vir my getrek om te besluit watter tipe persoon ek wil wees en watter tipe pa ek eendag vir my kinders wil wees,’’ het hy vertel.
Francois het Purgatory beskryf as ‘n metafoor vir die idee dat jou omstandighede jou toekoms bepaal. ‘’Dit gaan vir my daaroor dat jy moet aanvaar dat jou ouer ‘n invloed op jou lewe gaan hê, maar jy het ook ‘n keuse oor wie die persoon is wat jy eendag gaan word. Ek kis om te glo dat daar meer liefde in hierdie werel is as donker,’’ het hy vertel.
The Stinging Rogers het die beeld van ‘’purgatory gebruik as ‘n wagkamer waar jy wag om groot te word en waar jy jou eie identiteit kies ten spyte van omstadighede. Hulle beskryf die lirieke ‘’ Love makes you richer’’ as die woorde wat die hele boodskap van die lie vol sirkel bring.
Purgatory is nou beskikbaar om te stroom op alle digitale platforms.