Vonk Musiek

NUUS

ZOÉ STEL NUWE ENKELSNIT BEKEND EN MAAK HAAR TV DEBUUT IN EEN WEEK :

Die sanger en liedjieskrywer Zoé, het die week op ‘n hoe noot begin deur haar TV debuut te maak op eMedia se nuwe Komedie reeks ‘Die Fakulteit’ en sluit die week af met haar nuutste enkelsnit getiteld “Naïef”. “Naïef” kan beskryf word as ‘punk rock’ met pop invloede, maar die lirieke getyg van  Zoé se diepdenkend en emosionele benadering tot musiek.

Zoé het ‘n periode van persoonlike groei beleef, wat as inspirasie gedien het vir “Naïef”. Sy het besef dat sy dikwels naïef deur die lewe gaan met vooraf geskrewe idees oor liefde en die lewe self. Sy het “Naïef” geskryf, om die tema van naïwiteit en onrealistiese verwagtings te verken.

Die koor van “Naïef” het na Zoe toe gekom terwyl sy in die studio besig was met opnames. Sy en liedjieskrywer William Wolf het toe hulle koppe bymekaar gesit en saam begin werk aan die konsep.

Naïef hou diep betekenis vir Zoé, wat haarself beskryf as ‘n hopelose romantikus wat al deur die pyn van ware liefde gegaan het. Sy bring ‘n eerlike en realistiese blik op liefde in die digitale era, waar romanse in die regte lewe meer dikwels as nie, aan die verwagtinge van movies voldoen nie.

Afgesien van musiek, het Zoé onlangs ook haar debuut as aktrise gemaak in eMedia se skreeusnaakse nuwe komedie “Die Fakulteit”. Hier vertolk sy die rol van Cindy Swanepoel, die gemeenste meisie in graad 11. Die karakter was vir Zoé ‘n lekker uitdaging omdat Zoé haarself as liefdevol en saggeaard beskou, maar Cindy word beskry as die feeks van die reeks.

Die reeks is tydens die Desember vakansie by Hoërskool Oosterlig in Boksburg verfilm en het die hulp van 30 leerders ingespan wie voor en agter die kameras meer geleer het oor die filmbedryf. Die reeks is vervaardig deur Michael van Zyl en Marno Koen van CoolerBox Brothers en regie is behartig deur skrywer, George van Rooyen.

van Rooyen en van Zyl het ook Die musiekvideo vir Naïef verfilm.

Vir meer inligting oor Zoé se nuutste projekte en musiek, kan gehore haar volg op alle digitale platforms. “Die Fakulteit” saai uit Sondae aande 19:30 op eExtra (OpenView kanaal 105, Dstv kanaal 195), herhalings Maandae om 21:55 en episodes is ook. Geniet die enkelsnit op die platform van jou keuse – https://linktr.ee/zoemusiek

PUBLISITEIT & BEMARKING:

Vonk Musiek

Kyra Grobler

Sel: 072 107 0069

E-pos: kyra@vonkmusiek.co.za

E-pos: pr@vonk.co.za 

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Francois Roux

Tel: 011 823 1771 / 061 312 2160    

E-pos: francois@vonkmusiek.co.za 

Webwerf: www.vonkmusiek.co.za

Shopping Cart
Send this to a friend